Karlien, Elvis wen by Sama’s

Karlien van Jaarsveld en Joe Breytenbach by die Sama-toekennings. Foto: Instagram

Karlien van Jaarsveld en Joe Breytenbach by die Sama-toekennings. Foto: Instagram

Die Sama-toekennings (South African Music Awards) is Saterdagaand in Durban uitgedeel.

Karlien van Jaarsveld het stof in die oë geskop van Brendan Peyper, Vaughan Gardiner, Pierre Rossouw en Suzanne om met die toekenning vir beste popalbum weg te stap. Van Jaarsveld het gewen met haar album, My hartjie.

Elvis Blue, Andriette, Neil Somers, Bok van Blerk en Stiaan Reynierse is almal genomineer in die kategorie beste kontemporêre musiekalbum. Elvis Blue was die wenner met sy album, Êrens in die middel van nêrens.

Wouter Kellerman het weer met die toekenning weggestap vir beste klassieke of instrumentele album. Jack Parow het saam met Freshlyground die toekenning gewen vir musiekvideo van die jaar vir Army of One.

Saterdagaand se groot wenner was egter Nathi Mankayi wat met vyf toekennings weggestap het, terwyl Black Coffee met vier toekennings huis toe is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Michiel ·

Hoekom het Karlien so snaakse bruin streep van haar mond na haar oor?

Hennie de Beer ·

Goeie vraag Michiel – gelukkig bly mooi darem mooi ongeag wat ookal. Baie geluk aan albei die sangers – ek geniet altyd die kwaliteit van julle stemme en musiek hier op die plaas!

Natasha ·

Dit word contouring genoem, gebruik makeup om jou gesig maerder te laat lyk, maar die wat sy of haar makeup gedoen het, is heel temal verkeerd!!! Gaan Google dit n bietjie, kan baie mooi lyk, as jy dit REG doen..

Rita ·

Michiel dit word in boeretaal “kontoerwalle” genoem!! Moet sê haar hare het ook aandag nodig!!

Corlia Janse van Rensburg ·

Karlien van Jaarsveld my gunstelling sanger, jy lyk altyd soooooo MOOI, jy is soooo MOOI, en jy is sooo AMAZING, ek LOVE jou ek is jou GROOTSTE fan, jys soooo mooi,jy sing sooo mooi,…….. In my geskeurde jeans, my hartjie, woorde,, geskeurde jeans, jy is sooo mooi,jy sing sooo mooi,jys sooo mooi, eks BAIE lief vir jou my karlientjie,ek is sooooooo BAIE lief vir jou.

redeagle ·

Sy het ni nodig om maer te lyk ni jealousy is n GROOT siekte

Sharmaine ·

Sy probeer te hard en dop eintlik die toets! Sy het net n mooi stem, dis al. Miskien net bietjie meer haar self wees?

Willem Bronkhorst ·

Tot die dag dat ons besef tot welke mate die doen en late en “kuns” van hierdie tipe “kunstenaar” bydra tot die ondergrawing van die Westerse lewens-en-wêreldbeskoulike sal die Westerse beskawing op sy afdraendepad na vernietiging bly. Dit is NIE kuns nie en hierdie mense is NIE sangers nie. Dit is drie-akkoord gemors wat heesstem gehyg word en meesal oor die “hygelaar” se libido of een of ander stroperige senitmentjie gaan. Dit staan tot musiek soos stokmannetjies tot kuns staan.

Corlia Janse van Rensburg ·

Karlien van jaarsveld my gunstelling sanger die mooiste sanger jy is sooo mooi ek hou sooooo baie van jou …….geskeurde jeans,my hartjie,woorde,geskeurde jeans,jy sing sooo mooi,jys sooo mooi,ek is sooooo BAIE lief vir jou my karlientjie, ek is soooo baie lief vir jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.