Karlien van Jaarsveld bereik Platinum status!

Karlien van Jaarsveld se album “Jakkals trou met wolf se vrou” het sopas Platinum status behaal (40 000 of meer albumverkope)!

Met treffers soos “Beter as Liefde” en die titelsnit “Jakkals trou met wolf se vrou” het Karlien in 2011 ook ‘n Tempo toekenning ontvang vir “Beste Nuweling”. Met radiotreffers wat regoor die land die ranglyste haal gaan die sangeres steeds van krag tot krag.

“Jakkals trou met wolf se vrou” is steeds deel van die Top 20 beste verkopers in die land! Johan Vorster Songs het nog groot planne met die jong kunstenaar. So hou die spasie dop!

Speellys

  1. Jakkals trou met wolf se vrou
  2. Beter as liefde
  3. Ek wag nogsteeds vir jou
  4. Sweet dreams
  5. As die gordyn val
  6. Daar’s ‘n storm
  7. Feeverhaal
  8. Sonder jou
  9. Lief vir jou geraak
  10. Rooi ligte
  11. Lief maar nie verlief
  12. VanJaarsveldHartedief
  13. Soos jy dit doen
  14. Ses snare
  15. Een laaste kans
  16. Sê wat jy wil sê
  17. Just like Jesse James
  18. Halleluja

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.