Karlien van Jaarsveld kry goud in net sewe dae

Die musiekvideo vir My Hartjie volg onderaan die berig.
karlien-van-jaarsveldKarlien van Jaarsveld se jongste album, My hartjie, is nog net ʼn week op winkelrakke en het reeds goue status in verkope bereik.

Daar is reeds meer as 20 000 kopieë van My hartjie verkoop. Die titelsnit van die album, wat op Valentynsdag bekend gestel is, boer reeds op radiotrefferlyste. Die musiekvideo van die titelsnit is pas bekend gestel en bevat tonele uit die Afrikaanse rolprent Hollywood in my huis. Dié fliek begin in Junie in teaters draai.

Die hoofskrywers op die nuwe album is weer Johan Vorster en Van Jaarsveld self, dieselfde span agter van haar vorige groot treffers soos Jakkals trou met wolf se vrou en Hande.

Die sukses van My hartjie volg op Van Jaarsveld se trefferalbums Jakkals trou met wolf se vrou en Uitklophou. Albei dié albums het platinumstatus in verkope aangeteken. Uitklophou het in Augustus 2013 binne twee weke ná uitreiking goue status in verkope bereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.