Karlien wedywer om eerste plek op Top-20

Karlien van Jaarsveld se jongste enkelsnit, “Ruil jou vir my”, het twee weke gelede op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 13de plek gedebuteer en is vandeesweek in die no. 2-posisie.

Die liedjie is deur die Afrikaanse treffermaker Johan Oberholzer geskryf. Van Jaarsveld het eers getwyfel of sy dié enkelsnit wou opneem omdat sy so gelukkig getroud is, maar het besef dis nie almal se realiteit nie.

“Ek dra die liedjie op, uit my hart, aan elkeen wat swaarkry in ʼn verhouding,” het sy op Facebook geskryf.

Bernice West neem weer hierdie week die gesogte no. 1-posisie in met haar debuutenkelsnit “Sonop-blom”. Die musiekvideo vir die liedjie het meer as ʼn halfmiljoen trefslae op YouTube.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, tien wat daal en vier snitte wat onveranderd bly.

  1. Bernice West – “Sonop-blom”
  2. Karlien van Jaarsveld – “Ruil jou vir my”
  3. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  4. Karen Zoid ft Early B & Neil Sandilands – “Toe die wêreld stil gaan staan”
  5. Die Heuwels Fantasties & Ampie – “Ons moet leef”
  6. Appel – “Nonna”
  7. Loki Rothman – “Op my pad”
  8. Elvis Blue – “Gee my net ʼn vriend”
  9. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  10. Francois van Coke – “As ek kon”
  11. Spoegwolf – “Heen en weer”
  12. Karen Zoid & Early B – “Druk deur”
  13. Appel – “F250”
  14. Leah – “Girls night”
  15. Jan Jan Jan – “Ek bly ʼn boer”
  16. Brendan Peyper – “Lekkerder op my trekker”
  17. Laudo – “’Ek kan nie wag”
  18. Tarryn Lamb & Willem Botha – “’n Liefde soos die ”
  19. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  20. Jay – “Ry hom soos ʼn rental”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.