Klankbaan: Bakgat! Tot die mag 3

bakgat-CDBakgat! 3 is die finale film van die uiters gewilde Bakgat!-trilogie. Is daar ’n gelukkige einde wat vir Wimpie en Katrien en die res van die Bakgat!-bende wag?

Wimpie en Katrien is oppad Londen toe. Wimpie gaan rugby vir ’n oorsese klub speel en Katrien maak gereed om die troue van die jaar te beplan. Dis egter nie so maklik om jou arms om fame en riches te slaan nie en kort voor lank raak dinge op getroue Bakgat! wyse lekker interessant. (‘n Lokprent van die fliek volg onderaan die berig.)

Bakgat! 3 draai reeds in teaters landswyd.

Die klankbaan van Bakgat! 3 se bene is, in die gees van die film, ferm in beide Afrikaans en Engels geplant en bevat net die room van Suid-Afrikaanse alternatiewe kunstenaars en spog met onder andere ‘n eksklusiewe liedjie van Die Heuwels Fantasties, Ja en Amen (Net Nou) wat hulle saam met die Black Handed Kites spesiaal vir die rolprent opgeneem het.

Die splinternuwe snit, Wrecking Ball van radio-gunstelinge, Thieve, is ook slegs op hierdie klankbaan beskikbaar.

Die CD spog ook met huidige 5FM chart-topper, Bittereinder se Die Dinkdansmasjien.

Die ou gunstelinge is gelukkig ook daar! Straatligkinders, Van Coke Kartel en Karen Zoid dra by tot die trotse alternatiewe Afrikaanse gees.

Dan is daar ook grens-uitblinkers, Vampire 9000, Gateway Drugs en Black Handed Kites wat internasionaal al groot opspraak gemaak het met hulle formidabele kwaliteit Engelse musiek.

Party bangers, Folk, Classics Rock en Electronic Dance in beide Engels en Afrikaans.

Snitlys:
1. Ja en Amen (Net Nou) – Die Heuwels ft. Black Handed Kites (Luister hier: https://soundcloud.com/dieheuwels/ja-en-amen-ft-black-handed )
2. Die Dinkdansmasjien – Bittereinder
3. Brein Verloor – Van Coke Kartel
4. Voete van Klei – Straatligkinders
5. Up – Black Handed Kites
6. Wrecking Ball – Thieve
7. Signs – Gateway Drugs
8. This Place – Vampire 9000
9. Koolstof Drome – Die Heuwels Fantasties ft. Gugulethu Tenors
10. Want as ek Droom – Karen Zoid
11. Tot Die Son Uitkom – Van Coke Kartel
12. Circles – Dubway
13. Tyd – Die Heuwels Fantasties

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.