Klavieropvoering ’n eerste vir Voortrekkermonument

Albert Mamriev. (Foto: Albert Mamriev/Facebook)

Die klassieke melodieë van ’n internasionaal bekroonde pianis gaan binnekort deur die Senotaafsaal by die Voortrekkermonument weergalm.

Besoekers aan die Voortrekkermonument in Pretoria sal op Sondag 29 Januarie deur prof. Albert Mamriev se klavier welkom geheet word. Dié opvoering sal die eerste in sy soort vir die monument wees.

Lezanti van Sitterd, ’n Suid-Afrikaanse pianis wat tans haar doktoraal onder leiding van Mamriev in Duitsland doen, sal die voorprogram van die vertoning behartig.

“Ons wil graag hê dat plaaslike talent meer toeganklikheid verwerf en meer ondersteuning en geleentheid kry om op internasionale vlak te kan meeding,” het Jaco van Staden, projekbestuurder van musiekontwikkeling by die FAK, gesê.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is ook vanjaar een van die borge van die Mansh Internasionale Klavierkompetisie waar Mamriev as hoofbeoordelaar gaan optree.

Hannelie van Sitterd, die organiseerder van dié kompetisie, is opgewonde om hierdie geleentheid aan plaaslike kunstenaars en musici te bied.

  • Die Mansh Internasionale Klavierkompetisie vind op 25, 26 en 28 Januarie by die AfriForum Teater in Pretoria plaas.
  • Besoek hierdie webwerf om jou kaartjie vir Albert Mamriev se soloklavieruitvoering by die Voortrekkermonument te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.