Klein Kwagga betree Top-20 saam met Jan Jan Jan

Brendan Peyper bly vandeesweek nog gewild op die Maroela Media Afrikaanse Top-20, met die musiekvideo van sy jongste uitreiking, “Madelein”, wat binne slegs twee weke reeds 522 000 keer op YouTube gekyk is.

“Madelein” bly vir eers in die tweede plek, terwyl “Soen soos wat jy dans” na die agtste plek plek. “Moegdans” val hierdie week na die 16de posisie.

Jan Jan Jan het ook pas hulle jongste enkelsnit, “Dans Kwagga”, bekendgestel. Dit is klein Dirkco Jansen van Nieuwenhuizen, ook bekend as Klein Kwagga, se eie liedjie wat hy saam met Jan Jan Jan tot ʼn volwaardige snit ontwikkel het.

Die liedjie is met sy geboorte vir Klein Kwagga deur sy oom, Hackey Louw, geskryf.

Lees die volledige artikel oor dié liedjie se bekendstelling hier .

Die ster van vandeesweek se Top-20 is Riaan Benadé. Hy het verlede week, ná die bekendstelling van sy liedjies op digitale platforms, trefferparades begin oorheers.

Riaan Benadé se “Stoom” bly vir eers op no. 1.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier liedjies wat klim, sewe wat onveranderd bly, een liedjie wat die treffersparade betree en agt wat hulle plekke verloor.

1. Riaan Benadé – “Stoom”
2. Brendan Peyper – “Madelein”
3. Riaan Benadé – “Boksemdais”
4. Die Piesangskille – “Inge 2”
5. Eloff – “Vlerke”
6. Demi Lee Moore – “Hart breek”
7. Riaan Benadé saam met Demi Lee Moore– “Hemel & hel”
8. Brendan Peyper – “Soen soos wat jy dans”
9. Bernice West saam met Bok van Blerk – “Die Afrikaner maak so”
10. Die Piesangskille – “Diepseeduiker 17”
11. Chris Steyn – “Helemal”
12. Brendan Peyper – “Lentelyf”
13. Die Piesangskille – “Haar naam was Somer”
14. Jan Jan Jan – “Dans Kwagga”
15. Bernice West – “Hy jy jy”
16. Brendan Peyper – “Moegdans”
17. Rooksein – “So onskuldig”
18. Riaan Benadé – “Die lot”
19. Droomsindroom – “Plek vir my”
20. Ruhan du Toit – “Mag ek dan jou laaste wees”

Maroela se keuse:

Een van Maroela Media se spanlede deel weekliks vyf van hul gunsteling Afrikaanse liedjies. Geniet die verskeidenheid!

Jhua-Nine Wyrley-Birch, multimediajoernalis, deel die vyf Afrikaanse liedjies waarna sy vandeesweek luister:

1. “Bemin” – Van der Aven
2. “Harlekyn” – Sonja Herholdt saam met Sensasie
3. “Hou bene hou” – Nolene Spinks
4. “Hoe ver, hoe wyd (vir Elgin)” – Joshua na die Reën
5. “Deur die vallei” – Deon Meiring

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisiese albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jolanda ·

Ek is baie bly vir hom en sy sukses – baie geluk. Maar kan hy asb nou verder net ‘n kind wees – daar is baie tyd vir roem wanneer mens klaar jou kindwees geniet het.

Casper ·

Jolanda ek stem saam,maar watter tipe roem lê vir hom voor na sy kind wees jare.In hierdie stadium kan hy net dans,gaan dit vir hom nog room beteken na sy kind weesjare.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.