Kletsrym-nuweling betree Top-20

‘n Skermskoot uit “Dames”, die nuwe kletsrymer Biggy se eerste enkelsnit.

Hoewel ons nog nie veel van die nuwe kletsrymer Biggy weet nie, is een ding seker: Luisteraars is mal oor sy eerste enkelsnit, “Dames”.

Die musiekvideo van dié liedjie het al 137 000 trefslae gehad binne die eerste maand van bekendstelling. “Dames” was ook die afgelope week die derde meeste afgelaaide snit op digitale platforms (in die Afrikaanse kategorie), wat Biggy ʼn toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 besorg.

Die oplewing van kletsrym as ’n genre laat my terugdink aan die 1990’s toe Mr Fat, Brasse van die Kaap, DJ Ready D, Prophets of da City en ander kletsrymers ongelooflik populêr was en ’n kanaal soos die destydse MK89 ook ’n platform kon skep om kletsrym na die res van Suid-Afrika te bring. Is daar ’n mark vir kletsrym vandag? Beslis.

Met meer as ’n miljoen aflaaie op digitale platforms en ’n paar Ghoema-toekennings het Early B die afgelope jaar gewys kletsrym as ’n genre is gesond en hier om te bly.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg, agt wat daal en sewe wat onveranderd bly, met een nuwe liedjie wat die week se Top-20 betree.

Janie Bay klim verder die week tot by no. 4 met “Amper daar”. Die musiekvideo van dié liedjie is ook onlangs bekendgestel.

  1. Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis”
  2. Elandré – “Vuur op die water”
  3. Dewald Wasserfall – “Elektrisiteit”
  4. Janie Bay – “Amper daar”
  5. Tarryn Lamb – “Geheueverlies”
  6. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  7. Jo Black – “Voel jy die genade”
  8. 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
  9. Theuns Jordaan – “Praat is te laat
  10. Juan Boucher – “Want jy weet”
  11. Jo Black – “Bitter”
  12. Joshua na die Reën – “Soos in nou”
  13. Christia Visser – “17 Shots”
  14. Ivan Roux – “Daai ding”
  15. Jay – “Die hart wil hê wat die hart wil hê”
  16. Refentse – “Liefdegenerasie”
  17. Arno Jordaan – “Derde Wêreldoorlog”
  18. Corlea – “Onbreekbaar”
  19. Early B ft Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  20. Biggy – “Dames”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
willem Botha

Dit gaan nou so swaar met die jeug veral die minderhede oor die diskriminerende wetgewing wat hulle verhoed om te werk dat kinders deesdae ook enigiets sal doen vir n inkomste ,baie hartseer.

Quentin

Dat so song top 20 haal wys maar net dat “seks sells”
Wel gedaan dit sal obviously baie likes of views he op YouTube

Rina

Wat het ek sopas gesien!
It cannot be unseen!

Jax

Ek is so siek en sat vir kou-gom (dieselfde versreël oor en oor en oor) musiek en kletsrym. Dit lyk my die publiek is so gebreinspoel dat hulle dit nie eens agter kom nie. Mense betaal honderde rande om na sanger/esse te luister wat een versreël oor en oor herkou vir 3minute lank. As jy vra waaroor dit gaan dan kry jy: dit dans lekker maar weet nie eintlik waaroor die lied gaan nie; of, Ag dis n “cool tune” Daar is baie min kunstenaars wat regtig bydrae tot woord en musiek! Uit meer as 1000 CD’s in my versameling,… Lees meer »