Kletsrymers oorheers Top-20

Loufi. (Foto: @johanvivid)

Early B en Jack Parow se lied “Sak Sara” betree vandeesweek Maroela Media se Afrikaanse Top-20 in die 18de plek. Die musiekvideo van die lied is sowat ʼn maand gelede uitgereik en het reeds bykans 500 000 trefslae op YouTube.

Die kletsrymer Loufi maak ook vandeesweek sy toetrede tot die Top-20 met “Baas vannie plaas”. Die bekende TikTok-ster Malcolm Wentzel en sy ewe gewilde huishulp Thembi Ubisi is ook in die musiekvideo te sien.

Riaan Benadé skop 2021 af in die no. 1-posisie nadat hy reeds einde verlede jaar twee weke in dié posisie was.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar sewe snitte wat styg, agt wat daal, drie snitte wat onveranderd bly en twee nuwe enkelsnitte wat die Maroela Media Afrikaanse Top-20 betree.

-KWzS8Q9CGoyjtK7r8Cw

  1. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whisky”
  2. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  3. Elandré – “Dag en nag”
  4. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  5. Bernice West – “Sonop-blom”
  6. Ché met Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
  7. Steve Hofmeyr – “Ek kort”
  8. Refentse – “Stormnag”
  9. Bernice West – “Kom binne”
  10. Die Heuwels Fantasties – “Hardloop weg”
  11. Janie Bay & Danie Reënwolf – “Ek glo nog in jou”
  12. Lianie May & Jay – “Dors”
  13. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  14. Jay – “Te veel”
  15. Fatman – “Vuil Coke”
  16. Loufi – “Baas vannie plaas”
  17. Appel – “Nonna”
  18. Early B met Jack Parow – “Sak Sara”
  19. Refentse – “Daai deng”
  20. Bobby van Jaarsveld & Early B – “Sprokie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.