Klipwerf stel nuwe album vry

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die Klipwerf Boereorkes is so eie aan die Afrikaanse kultuur dat mens sommer terug na jou ouerhuis verlang as jy hul musiek hoor. Dié groep vier vanjaar sy 46ste bestaansjaar met ʼn nuwe album genaamd Hantam Tydloos.

Die CD bestaan uit 14 snitte – sorgvuldig uitgesoek en in Klipwerf se unieke styl omtower – wat jou nie net na die dansvloer sal lok nie, maar ook onwillekeurig sal laat saamneurie soos wat jy bekende wysies van groot treffers uit die verlede herken. En hoewel die grootste deel van die album dalk meer aanklank by 40-plussers sal vind, het die orkes ook baie moeite gedoen om jonger luisteraars te beïndruk deur ’n moderne verwerking, “Dans met my”, saam met Jack Parow op te neem.

“Jongmense is ons toekoms en moet ons musiek vorentoe vat! Maar ons sal ook nooit van ons ouer luisteraars vergeet nie, want hulle het gehelp om die Klipwerf Boereorkes te bring tot waar ons vandag is,” sê Gené van Niekerk, die orkes se enigste roos.

Maroela Media het met Gené gesels oor hoekom sy dink dat hulle so suksesvol is.

Besoek gerus Klipwerf se webwerf vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johannes Froneman ·

Klipwerf het begin as Klipwerf-boereorkes, maar het dit later na Klipwerforkes verander, nie waar nie? Op talle van hul CD’s speel hulle popliedjies en glad nie boeremusiek nie. Of het ek dit verkeerd?

Issabelle ·

Baie dankie tog vir Klipwerf se nuwe cd …… ek is absoluut gek oor hulle musiek & luister dit baie graag. Ek het al ‘n versameling van hulle cd’s , altyd lekker om na hulle te luister

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.