Kom luister na Breyten-gedigte

Die Vox Kamerkoor sing hierdie naweek ‘n toonsetting van Breyten Breytenbach se gedig “Lotus”. Foto: Vox Kamerkoor/Twitter.com

Die Vox Kamerkoor, in samewerking met die Departement van Afrikaans en Nederlands by Unisa, vier op Sondag 8 September om 15:00 die digter Breyten Breytenbach se 80ste verjaardag met die wêreldpremière van die Pretoria-komponis, Franco Prinsloo, se toonsetting van dié digter se gedig, “Lotus”.

Dié nuwe stuk vir koor, orrel, altviool en slagwerk is ʼn opdragwerk van die bekende altviolis, Elmarie van der Vyver, wat ook tydens die konsert sal optree. Die werk, geïnspireer deur die klassieke chaconne neem die vorm van ʼn mantra aan, en verweef ʼn emotiewe koorklank met die teks van Breytenbach en solo-altviool.

Die Vox Kamerkoor oefening vir die konsert ter viering van Breyten Breytenbach se 80ste verjaardag. Foto: Vox Kamerkoor se Facebook-blad.

Die program sluit ook ander Prinsloo-toonsettings van Breytenbach-gedigte in, soos “mag die bome groen bly”, “Ek sal sterf en na my vader gaan”, en “(soos van vlerke)”. Van der Vyver voer ook Prinsloo se Sonatina vir solo-altviool, en “The Broken String” vir solo-altviool en “looping station” uit. Misha Melk begelei vir Van der Vyver op die klavier.

Vox sal ook ʼn aantal nuwe koorwerke uitvoer, almal Prinsloo-stukke, waaronder “Windharp” van Charles Fryer, ʼn toonsetting van Jona se gebed en ʼn kort, aangrypende mis, “Missa brevis San Marco”, wat hy spesiaal vir die koor se uitvoering in die San Marco-basilika in Venesië vroeër vanjaar gekomponeer het.

Nog ʼn nuwe werk wat vir die eerste keer in hierdie konsert gehoor kan word, is “Navigating Us” vir solo-stemme. Hierdie werk vorm deel van ʼn deurlopende samewerking tussen Prinsloo en Sonya Rademeyer. Die visuele kunswerk met dieselfde titel was die inspirasie vir die werk en die kunswerk verskyn ook op die plakkate wat konsert adverteer.

Kaartjies is beskikbaar by tixsa.co.za en kos R100 aanlyn. Kaartjies kos R120 by die deur.

Vir meer inligting besoek gerus Vox Chamber Choir se Facebook-blad. Die konsert vind op Sondag 8 September om 15:00 plaas in die ZK Matthews-grootsaal op Unisa se Muckleneuk-kampus in Pretoria.

[L O T U S – SNIPPET]A snippet of what you can expect at our concert on 08 September at 15:00 in the ZK Mathews Great Hall, UNISA Muckleneuk Campus, Pretoria.Buy your tickets TODAY at Tixsa. Just click om this link: https://tickets.tixsa.co.za/event/lotusvoxchamberchoirTickets are selling fast. Limited tickets available. Buy yours today.Franco Prinsloo Composer/Performer Unisa – The University of South Africa#VOX_LOTUS #choir #family #friends #singing #composer #conductor #VOX #voxies #art #contemporary

Posted by Vox Chamber Choir on Wednesday, August 28, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

bambi ·

Altyd geweet Franco gaan nog baie bekend word! so soooo talentvol!

KrokodilBotha ·

Breyten is mos n ou tronkfoool. Jan sy boetie is baie meer bekend.

Christo Rabie ·

Jip Breyten moet voorgelees word met sinvolle frasering om sy teks betekenisvol oor te dra. Ek sien uit na die koor – hulle het n wonderlike klank!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.