Kommentaar: Hoe word die Maroela Media Top 20 saamgestel?

Top 20Sedert die ontstaan van Grammofoon was daar ‘n Top 20-trefferslys, wat ‘n voortsetting was van die trefferslys wat op die webtuiste www.dinamiet.co.za te sien was. Daar is egter vrae romdon die samestelling van die Top 20, en daarom het dit tyd gewrd om hiedie vrae te beantwoord.
1. Watter liedjies kwalifiseer vir die Top 20?
Die enigste voorvereiste is dat dit Afrikaans moet wees, behalwe as dit ‘n instrumentale snit is. Daar was al instrumentale snitte wat gekwalifiseer het, maar dit kan slegs gebeur as dit deur ‘n plaaslike kunstenaar is. Dar word voorkeur gegee aan oorspronklike instrumentale komposisies, maar dit kan ook gebeur dat ‘n nuwe opname van ‘n instrumentale snit wat ‘n treffer was, oorweeg kan word.
2. Watter liedjies kwalifiseer nie?
Liedjies met vuil taal, asook dié met seksueel eksplisiete- of rassistiese lirieke. Hoewel liedjies met ‘n politieke strekking nie gediskwalifiseer word vir die Top 20 nie, moet die besluit om dit in te sluit, met groot omsigtigheid geneem word.
3. Watter rol speel die trefferslyste van radiostasies?
Dit speel ‘n baie groot rol, want it is juis die radiostasies wat hoofsaaklik bepaal watter liedjies treffers word. Daar word gekyk na die speel-en trefferslyste van verskeie radiostasies, onder meer Groot FM, Jacaranda, Overvaal Stereo, Bok Radio, IFM Radio en Oos-Rand Stereo , om ‘n paar te noem.
4. Wanneer is ‘n liedjie te oud om te kwalifiseer en hoeveel treffersnitte mag van dieselfde album af kom?
Dit hang af van hoe lank ‘n spesifieke album gewild is en wanneer die betrokke platemaatskappy besluit om ‘n snit vir die radiostasies uit te stuur. Gewoonlik is ‘n album se “rakleeftyd” tussen ‘n jaar en 18 maande, mar sommige kunstenaars stel elke jaar ‘n nuwe album vry. Daar is geen beperking op die aantal treffersnitte wat ‘n album mag oplewer nie; soms gebeur dit dat twee verskillende snitte vanaf dieselfde album deur verskillende radiostasies gespeel word.
5. Hoekom word gebruikers nie toegelaat om te stem nie?
Die rede hievoor is eenvoudig; dit sou te veel administratiewe rompslomp veroorsaak.
6. Waar kan gebruikers liedjies hoor wat nog nie veel radiolugtyd gekry het nie?
Gewoonlik word daar eers sekergemaak dat ‘n liedjie wel gereeld oor die radio gespeel word voordat dit tot die Top 20 toetree, maar in baie gevalle is klankgrepe en/of musiekvideo’s op You Tube beskikbaar. Dit sal nie sommer gebeur dat ‘n nuwe liedjie toetree voordat dit radiolugtyd gekry het nie. Daar word ook elke Vrydag ‘n lys geplaas van nuwe snitte wat die afgelope week vrygestel is; hierdie snitte sal eers op die vroegste die volgende week vir die Top 20 oorweeg word.
7. Wat van liedjies wat trefferpotensiaal het, maar nie die trefferslyste van radiostasies haal nie?
Elke saak word op meriete beoordeel, en as so ‘n liedjie lugtyd kry, sal dit oorweeg word, veral as daar ook ‘n musiekvideo daarvan vervaardig is en op You Tube vertoon word.
8. Moet ‘n liedjie noodwendig op CD beskikbaar wees om die Top 20 te haal?
Nie noodwendig nie; soms gebeur dit dat ‘n platemaatskappy ‘n liedjie na die radiostasies toe stuur voordat die betrokke kunstenaar ‘n hele CD opgeneem het. Sulke liedjies kan nie gediskwalifiseer word net omdat dit nog nie op CD beskibaar is nie. Soms word die liedjies uitgestuur sonder dat enigiemand ‘n idee het wanneer die kunstenaar se CD vrygstel gaan word.
9. Kwalifiseer Christelike liedjies vir die Top 20?
Verseker, mits dit radiolugtyd kry en op gelyke voet met kommersiële liedjies kan meeding.
10. Gaan daar ‘n algehele Top 20 aan die einde van elke jaar saamgestel word?
Ja, en die vertoning van elke liedjie deur die loop van die jaar bepaal watter plek dit bereik. Dit is ook die enigste keer wat ‘n trefferslys van albums saamgestel word. Die albums wat kwailifiseer, moet oorwegend Afrikaans wees; die aantal treffers wat elke album oplewer en die resensies wat dié albums gekry het, het ‘n groot invloed op hierdie trefferslys.
11. Watter rol speel die persoonlike smaak van die samesteller van die Top 20?
Omdat die Top 20 objektief saamgestel word, behoort dit geen rol te speel nie, maar daar word steeds gekyk na kriteria soos die gehalte van die musikale verwerkings, lirieke en ander faktore wat dalk ‘n invloed kan hê. As persoonlike smaak wel ‘n invloed gehad het, sou die Top 20 dalk heeltemal anders gelyk het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.