Kompetisie: Dana Winner dra nuwe treffer aan ‘haar Suid-Afrika’ op

Dana-Winner-02

Dana Winner. Foto: Nieuwsblad.be/Imagestack.co

Hierdie kompetisie is gesluit: Wen! Maroela Media het twee stelle dubbelkaartjies vir Dana Winner se Special Arena vertonings om weg te gee. Die wenners kry ook ʼn getekende kopie van die Dana Winner se Bloom CD. Stuur vir ons ʼn e-pos na [email protected] en laat weet of jy die vertoning in Kaapstad of Johannesburg wil bywoon. Sluit ook jou naam en van, twee kontaknommers en e-posadres in die epos in. Gebruik “DANA WINNER” in die onderwerpsveld. Die kompetisie sluit Woensdag 19 Augustus om 12:00 en wenners sal per e-pos gekontak word.

Met ʼn bietjie meer as drie weke oor voor Dana Winner se Special Arena vertonings in Johannesburg en Kaapstad, het sy ʼn splinternuwe treffer as huldeblyk aan haar duisende Suid-Afrikaanse aanhangers opgedra.

“As jy my kon verstaan” is gevul met passie en betekenisvolle liefde. Volgens Dana sal die snit Suid-Afrikaners herinner aan haar eerste Suid-Afrikaanse treffer “Droom van my geluk” en die immergewilde duet “You don’t bring me flowers anymore” wat sy saam met Steve Hofmeyr gesing het.

Die liedjie is die tweede enkelsnit op haar album Bloom, wat tans landwyd beskikbaar is. Sy het die eerste enkelsnit “Lied van hoop”, by vanjaar se Ghoema musiektoekennings gesing en die liedjie het die Belgiese sangeres nommer een status op die treffersparades van verskeie radiostasies besorg.

Tydens haar promosietoer in Maart en April vanjaar het Dana weereens bewys dat sy haar plek diep in die harte van talle Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers behou het. Dana het ook met Maroela Media gesels, kliek hier om hier na die podsending te luister.

“As jy my kon verstaan” sal beslis een van die treffers wees wat Dana tydens haar terugkeer na Suid-Afrika sal opvoer tydens haar twee Special Arena vertonings. “Ek kan nie wag om hierdie ervaring met my Suid-Afrikaanse aanhangers, in die land wat soos my tweede huis voel, te deel nie. Albei arenas se verhoë is ongelooflik en gee my hoendervel. Tydens my vertonings sal ek begelei word deur ʼn uitmuntende orkes en span van België, wat hierdie produksie onvergeetlik gaan maak. Ek sien uit daarna om al my grootste treffers, wat soveel goeie herinneringe van Suid-Afrika terugbring, te sing vir al my aanhangers wat my altyd tuis laat voel,” sê Dana.

  • Dana Winner se vertonings vind op 11 September by die Big Top Arena in Carnival City, Johannesburg en op 12 September by die Grand Arena in die Grandwest Casino, Kaapstad, plaas. Dana gaan al haar grootste treffers saam met ʼn orkes op ʼn asemrowende verhoog sing en die vertonings sluit ook ʼn paar verrassings in. Kaartjies vir die vertonings is by Computicket beskikbaar.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.