Kompetisie: Ses Snare by die Blou Hond te sien

Ses-snare-sing-The-Beatles

Die Ses Snare is binnekort by die Die Blou Hondteater met hulle The Beatles-vertoning. Foto: Verskaf.

Hierdie kompetisie is gesluit: “Vir die oueres gaan dit ʼn jol wees, vir jongeres ʼn goeie leerskool oor ʼn groep wat die wêreld se musiek vir altyd verander het”. So het resensent Ilza Roggeband Ses Snare sing The Beatles in die Spat feeskoerant tydens Aardklop 2012 beskryf. Optredes in 2013 by die KKNK, Innibos, Vryfees en verskeie teaters landwyd was uitverkoop, en nou bring Ses Snare op 22 Januarie hulle Beatles vertoning na die Blou Hondteater by Casa Toscana in Lynnwood, Pretoria.

Van die bekendste liedjies in die konsert is Love me do, A Hard Days Night, Yellow SubmarineLet it Be en Yesterday, en dan is daar ook Got my mind set on you, George Harrisson se treffer nadat die groep opgebreek het. The Beatles kry die spesiale Ses Snare behandeling met kitaarverwerkings vir ses kitare en ses stemme, hope kitaarsolo’s en ʼn paar interessante musiek-instrumente wat mens nie normaalweg by ʼn Ses Snare konsert sou verwag nie, en dit gee die Beatles musiek ʼn lekker kinkel.

Ses Snare bestaan uit Blackie Swart, Pieter Smith, MD Greyling, Thean Kotze, Leon Ecroignard en Peter Hoven.

Kaartjies vir die vertoning sluit ʼn ete in. Besprekings kan gedoen word by [email protected] of skakel 012 348 8820. Jy kan die Blou Hond se teaterprogram op hulle Facebookblad kry of volg hulle op Twitter by @BlouHondTuis.

* Ons het twee kopieë van die Ses Snare sing The Beatles CD’s om weg te gee. Indien jy graag een van hierdie albums wil wen, kan jy vir ons e-pos stuur met jou naam en posadres na [email protected]. Die kompetisie sluit Maandag 19 Januarie om 12:00 en wenners sal per e-pos gekontak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.