‘Krone 4’: ʼn ‘Moewiese saamsing-jol’

Krone in 2016 (Foto: Facebook)

Konsertgangers kan solank gereed maak vir dié musiekkonsert van die jaar.

Só sê Niel Schoombee, regisseur van Krone 4, oor dié gewilde konsert wat binnekort weer op die Carnival City-verhoog in Brakpan te sien gaan wees.

“Ná twee uitverkoopte Krone 3-konserte verlede jaar by Carnival City kan aanhangers van dié konsertreeks uitsien na nóg ’n groter moewiese saamsing-jol,” sê Schoombee.

ʼn Ekstra konsert is vanjaar by die reeks gevoeg. Krone 4 is op Vrydag 28 Julie, Saterdag 29 Julie en Sondag 30 Julie in Carnival City se Big Top Arena te sien.

Kunstenaars soos Deon Groot, Elandré Schwartz en Die Lieflinge is van die nuwe gesigte wat by bekendes soos Kurt Darren, Manie Jackson, Snotkop, Nicholis Louw, Adam Tas, Brendan Peyper, Ray Dylan, Andriëtte Norman, Elizma Theron, Liezel Pieters, Juanita du Plessis, Refentse en Ricus Nel gaan aansluit.

Meer as 110 treffers sal tydens die konsert op die verhoog gehoor kan word.

“Die gehoor kan na hartelus saamsing en die partytjie is groter en lekkerder as ooit vantevore – met musiek van Laurika Rauch se tydlose ‘Stille waters’ tot ons hedendaagse treffers,” sê Schoombee.

Kaartjies vir die Krone 4-konserte is beskikbaar by Computicket of enige Checkers/Shoprite en House & Home-winkel.

Vir meer inligting, besoek Krone Fans op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Josua Keys ·

Al die konsetre was puik, ek stel voor dat julle so nou en dan n bekende groep of kunstenaar van die buitwereld nooi om saam op te tree, Niel Diamond, Chris Norman, John Foggerty, van die ou legents, hulle hoef nie met hul orkes te kom kuier nie net opdaag en van hul treffers saam ons kunstenaars sing so kan Krone dan die mense verras en dit nog meer opgewonde maak om die konserte by te woon, die dvd’s sal ook van die rakke vlieg indien dit gedoen sou word. Discoteka 80 in Rusland het dit uitstekend reggekry gaan kyk maar gerus op die Internet na die konserte dit is awesome!!! The good old days, ek weet ons kan dit ook hier in Suid Afrika regkry.

willem ·

Nee intendeel , ek glo nie Neil Diamond of die ander bekende kunstenaars sal graag wil optree saam met krone- 4 nie. Die ou rocksterre gaan definitief nie n heel onbekende groepie Suid Afrikaners op die verhoog ‘join’ nie want hierdie mense verkoop miljoene plate en is internasionaal bekend teenoor die plaaslike mense wat definitief onbekend is in die buiteland….so ek dink nie dit sal ooit gebeur nie..jammer

Pieter Spire ·

Dit is nogal baie hartseer dat die musiek industrie so taai is om dit te “maak”. Ek is seker daar is sterre wat regtig gesukkel het, maar dit wil voorkom asof daar n groot kliek is wat ondeurdringbaar gemaak is vir jong orkeste/kunstenaars. Ek self speel in n orkes en my musiek het al oorsee gespeel, maar afrikaanse stasies weier om dit te speel. Gee ander musikante ook kans, a.s.b

willem ·

Dit is altyd dieselfde ou gesigte en dit lyk of die sangers half en half n monoplie het om elke jaar op die verhoog te verskyn. Omdat ek ‘n baie goeie idee het wat daar gaan gebeur op die aand gaan ek die vertoning defintief n mis gee.

Willie ·

Ek stem saam ! Daar is baie ander mense wat ook musiek maak in Suid Afrika! Nuwe ouens met regte bands ! Ek is so moeg vir dieselfde een chord bokkie bokkie liefie baby songs !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.