Kunstenaar van die week: Rudi Muller

Rudi MullerHierdie talentvolle geestelike sanger is glad nie ’n vreemde naam in die bedryf nie. Rudi is gebore in Nigel waar hy vandag steeds woon en het reeds vanaf sesjarige ouderdom met talentkompetisies sy voorliefde vir musiek gewys.

In 1999 bied die platemaatskappy Sting Music vir Rudi ’n kontrak aan en sy eerste album, Kan jy my hoor, sien die lig. Sedert 2004 sluit Rudi by die Gallo-platemaatskappy aan en treffers soos “Warm patat” en “My liefste mens” word huishoudelike name onder Afrikaanse gehore. Rudi het egter ’n paar jaar gelede ’n wending ondergaan as gevolg van ’n paar persoonlike ervarings, en daaruit het sy fokus na geestelike musiek geskuif. Rudi wil nie geklassifiseer word as ’n gospelsanger nie. Hy wil net diensbaar wees vir sy geloof.

Rudi se eerste geestelike album Telstai het die naam gekry ná ’n kuier by vriende. Telstai beteken dit is volbring. Telstai is soveel meer as net ’n geestelike album en sal jonk en oud bekoor met sy eietydse aanslag. Rudi se leuse vir die lewe is: Ons elkeen kan ’n verskil maak, hetsy op watter wyse dit ook al mag wees.

Vyf vrae aan Rudi Muller:

  1. Rudi, hoe lank is jy al in die musiekbedryf?

My eerste CD is in 1999 vrygestel.

  1. Hoe verskil die geestelike bedryf van die sekulêre omgewing?

Ek werk nou baie harder en dit is deur en deur ’n hartsaak. Ek is nou meer ’n worshipper as ’n performer bloot omdat dit nie meer oor mý gaan nie.

  1. Kan ons in die toekoms weer ’n kommersiële album van jou verwag?

Ek is nie seker nie, as dit die Here se wil is en Hy lê dit op my hart, sal ek so maak, maar andersins, nee.

  1. Waarmee is jy tans besig?

Ek het die voorreg om na ons drie maande oue babadogtertjie deur die dag te kyk. Ek is nou ’n voltydse pa.

  1. Saam met watter groot geestelike kunstenaar sal jy nog eendag wil saamwerk?

Ek sal graag saam met Kari Jobe en Chris Tomlin wil werk. Plaaslik bewonder ek vir Joe Niemand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Magdalena Pretoria ·

Ek salueer Rudi Muller! Absoluut talentvolle kunstenaar Wat ook geseènd is met ‘fantastiese stem! Baie dankie v jou bydrae om my en soveel ander geestelik te verreik en inspireer! Mag God se seèn bly reèn oor jou en jou geliefdes. Vrede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.