Kurt Darren se nuwe album, “Seerower”

seerower‘n Video van Seerower volg onderaan die berig. Ná verkope van ver oor die 1 miljoen CD’s, volgehoue trefferparadeprestasies, ‘n rits SAMA- en ander toekennings, gewilldheid as TV- en radio-aanbieder en as rolprentakteur beur Kurt Darren volstoom vorentoe met sy jongste album Seerower.

Kurt en die span liedjieskrywers het nou al die kuns verfyn om ‘n album te skep met liedjies wat álmal vir trefferparadestatus bestem is. As bekroonde kunstenaar in die sokkiegenre, bied Kurt weer ritmeplukkers wat sy bewonderaars aan ‘t wikkel gaan hou en nóg aanhangers sal lok.

Met liedjies deur Kurt, Marc Brendon, Don Kelly, Niel Schoombee, Pierre Rossouw, Rudi Claase en Emil Struwig kry Kurt se aanhangers die klank, lirieke en stem wat hulle van hom verwag – én selfs meer. Dié keer is die regisseur Dirk van Niekerk aan die stuur. Hieruit is ‘n vernuwende klank geskep – soms elektroniesgedrewe, dan weer stylvol akoesties – wat Kurt se persoonlike groei as sanger en mens belig.

Vir sokkieliefhebbers bied hy ritmevrolikhede soos Hoe later hoe kwater en Gaan te kere.

Tussen die toonvenstersnitte is die popballades Seerower, Vlamme van liefde en Pêrel van die Paarl.
Kurt se vertolktalent word ontgin in die meevoerende balladewerk, veral Winterwasemharte en Beautiful (‘n Afrikaanse snit waarin asemrowend met skoonheid van die vrou omgegaan word).

Met ‘n aangename balans tussen ritmeplukkers en sielsballades is dié album die toonvenster van Kurt Darren se vokale vaardigheid en stylveelsydigheid.

DIE SPLINTERNUWE TREFFERS
Intro
Seerower
Vlamme van liefde
Pêrel van die Paarl
Winterwasemharte
Goud of diamante
Hoe later hoe kwater
Rebel en Rats
Beautiful
She drives me crazy
Soos ‘n dief in die nag (dit maak my mal)
My plattelandprinses
Ek en jy
As jy my ooit sou vra
Gaan tekere
Sal jy met my trou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Geen kommentaar

shenavfald ·

Home Rates are Reduced Sin city
Vegas home minute rates are a lesser amount than actually in recent times and you just desire a rid of the budget and also finance worries everyone hear every single day surrounding you. Please take a Nevada Holiday vacation nevertheless spend significantly less compared with you have using the outstanding discounts really being available at Las Vegas Hotel rooms.
Look at Costs on Vegas lodges
Treasure Tropical isle Resort With Enjoy Isle (TI) people benefit from fashionable AAA Four Diamonds rooms, which includes new renovated suites, using prices setting up in $69 every night, furthermore taxes.
MGM Wonderful Hotel A MGM Great may be a AAA Some Gem holiday resort for you to encounter Las vegas, nevada. Home rates start off on $90 every night and you can now feel the night life and also culinary doggie snacks that can make typically the MGM pretty Awesome.
Manhattan New York Lodging Along with place interest rates establishing during $70 every night, you have New york city using Las Vegas decorations on an wonderful expense.
Mirage Motel Typically the developed Eee Several Gem Mirage, having great brand new dinner in addition to pleasure sites and also home newly designed rooms, features room premiums opening on $89 per night, and also income tax.
Samsung monte Carlo Accommodation The particular Samsung monte Carlo is a great method to encounter Las vegas, nevada for your low cost while still being taken care of towards the best that Las vegas, nv enjoys. Bedroom rates start during $60 per night, plus the Monte Carlo is usually next to all that you contain ever previously had to see and do in Sin city.
Mandalay Fresh Lodging Your Mandalay Clean is usually a Bbb Four Engagement Lodging and cured to some high-class vacation with bedroom levels starting up merely $110 per night, as well as duty.

Anne-mari ·

Geen songs te koop op iTunes van Kurt se nuwe cd seerower nie. Hoekom nie asb stel reg.

Dankie

winterwasemharte – awsom!!!!

Johne270 ·

1000s of Show Gambler, since the Lastly associated with Sept .. cfcggdegkkce

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.