Luister: Groot name reik spesiale Kersfeessnitte uit

Die platemaatskappy Universal Musiek het kragte saamgesnoer met 12 van Suid-Afrika se talentvolle Afrikaanse kunstenaars wat elkeen ʼn bekende Kersliedjie opgeneem het.

Willem Botha, Wynand Strydom, Cheree Strydom, Ruan Josh, Fatman, Deon Groot, Caroline Grace, Riaan Grobler, Juanita du Plessis, Franja du Plessis, Pieter Smith en Leah het elkeen ʼn snit wat hulle na aan die hart lê, opgeneem om aanhangers dié Kersfees te bederf.

Die liedjies word oor die bestek van die volgende paar weke op alle groot digitale platforms uitgereik. Eerste aan die beurt is Ruan Josh met “Jingle Bell Rock”, Fatman met “Last Christmas” en Juanita du Plessis met “Sonneblom uit Bethlehem”.

“Die afgelope twee jaar het ons mense verskriklik baie swaarkry beleef en ons wou graag ʼn paar Kersliedjies uitreik om mense se gemoed te lig en hulle in die stemming van Kersfees te kry.

“Ons het selfs met die keuse van liedjies en die produksie daarvan besluit om te fokus op liedjies wat gelukkiger klink. Ons het ook vir die kunstenaars gevra om hulle gunsteling-Kersliedere te identifiseer.”

Luister hier na die eerste drie Kersliedjies:

Ruan Josh – “Jingle Bell Rock”

Kry dit ook hier.

Fatman – “Last Christmas”

Kry dit ook hier.

Juanita du Plessis – “Sonneblom uit Bethlehem”

Kry dit ook hier.

Die liedjies is beskikbaar op alle groot digitale platforms. Al 12 liedjies sal ook in Desember op een speellys te vinde wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.