Kyk nou net: Ndlovu-jeugkoor sing saam met P!nk  

P!nk en Suid-Afrika se eie Ndlovu-jeugkoor het ‘n nuwe baadjie vir die treffer “A Million Dreams” aangetrek. (Foto: Youtube.)

Suid-Afrika se eie Ndlovu-jeugkoor is besig om die een droom na die ander te bewaarheid, en in die proses steel hulle wêreldwyd harte met hul musiek.

Dié koor het pas kragte saamgesnoer met P!nk in ʼn uitvoering van die treffer “A Million Dreams” uit die fliek uit die rolprent The Greatest Showman.

Die optrede was deel van die VN se kinderfonds (Unicef) se eksklusiewe, virtuele geldinsamelingkonsert wat op 1 Desember plaasgevind het ten bate van kinders regoor die wêreld.

P!nk het gesê dit was ‘n eer saam met die koor te werk. (Foto: Youtube.)

Unicef-kundiges, voorsprake en toekomstige leiers het hulle stemme gebruik om Unicef se missie by die geleentheid te ondersteun en te versterk. Die geleentheid is ook gebruik as ʼn vertoonkas van Unicef se werk, wat verantwoordelik is vir humanitêre- en ontwikkelingshulp aan kinders wêreldwyd.

P!nk het gesê dit was ʼn ware eer om saam met die Suid-Afrikaanse jeugkoor te werk om ʼn nuwe baadjie vir “A Million Dreams” aan te trek.

“Hoewel ons duisende kilometers van mekaar is as gevolg van die pandemie, was ons met mekaar verbind deur Unicef se lewensreddende missie om kinders eerste te stel.

“Sluit by my aan en steun Unicef se werk deur ʼn skenking aan die organisasie maak,” het P!nk bygevoeg.

Kyk hier na die musiekvideo:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mieke ·

Uitstekend!! Geluk aan die afrigter – dis ‘n puik vertoning!

Misky ·

Lekker om sulke goeie en opbouende nuus te lees en hulle maak SA trots. Baie geluk aan die hele koor en almal betrokke

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.