Laaste kans- Elke Jan Rhaap

Laaste kansSoms gebeur dit dat ‘n talentvolle jong kunstenaar op die toneel verskyn en aanvanklik nie baie aandag trek nie, maar sodra ‘n snit vanaf daardie kunstenaar se debuutalbum gereelde radiolugtyd kry, verander alles.

Elke Jan Rhaap se album, Laaste kans, het al verlede jaar verskyn, maar dit het ‘n rukkie geduur voordat die publiek regtig van hom kennis van hom begin neem het. Die rede hiervoor is die eerste snit vanaf dié album, naamlik Grootword in die onderdorp. Die lirieke,wat hy self geskryf het, is lekker nostalgies en die meeste mense sal hulle daarmee laat vereenselwig. Margeret Hunt, waarvan hy hier sing, is ‘n straat in die Pretoriase woonbuurt Garsfontein, en dit gee ‘n mens ‘n idee van waar hy grootgeword het. Hoe ook al, hierdie liedjie verdien om ‘n baie groot treffer te word! Die titelsnit is nog een van sy eie komposisies, en dit het ook ‘n bietjie radiolugtyd gekry toe die album aanvanklik vrygestel is, maar dit het nie so ‘n groot treffer geword nie. Jan Rhaap het ‘n paar van ons land se kunstenaars gekry om saam met hom te werk; Adam Tas het die pragtige snit ‘n Boerseun se droom saam met hom geskryf. Hierdie liedjie behoort veral in plattelandse gebiede baie gewild te word. Toe Radio Rippel nog bestaan het, het die volgende snit, Skinny jeans, die Top 10 gehaal. Dis maklik om te verstaan hoekom, want hierin sê hy dat hy ‘n doodgewone ou is, sonder die behoefte om enigiemand te beïndruk en dat mense dit so moet aanvaar. Die engiste Engelse snit op die album, en een van net ‘n handjievol wat hy nie self geskryf het nie, is Kris Kristoffersen se Sunday morning coming down. Dit is dalk een van die beste opname wat tot dusver van hierdie snit gemaak is.

My huis is nog een van Jan Rhaap se oorspronklike komposisies, en weer eens kan die meeste mense met die woorde identifiseer. Cowboy van die straat is ‘n lekker snit waarop Jan Rhaap wys dat hy weet hoe om ‘n storie te vertel. Dit is sonder twyfel ‘n moontlike treffer, en ‘n mens hoop dat dit die radiolugtyd gaan kry wat dit verdien. Die akoestiese kitaarspel op Nuwe pad is baie goed, nog ‘n snit wat ‘n treffer kan word. Koekoes Bezuidenhout het drie snitte op die album geskryf; die eerste een daarvan is Peter Pan. Oom Lucas is ‘n huldeblyk aan die sanger en liedjieskrywer Lucas Maree, wat drie jaar gelede aan kanker oorlede is, mar dit is glad nie so sentimenteel as wat ‘n mens sou dink nie. Beste bra, die laaste snit op die album, het ‘n lekker ritme en dit behoort ook ‘n treffer te word. Die lirieke sluit baie goed aan by Grootword in die onderdorp, en engiemand wat al ‘n vriend gehad het wat nader as ‘n broer was, sal hiermee kan identifiseer.

Ongelukkig kon ek hoegenaamd geen biografiese inligting van Jan Rhaap op die internet in die hande te kry nie. Dit is ‘n groot jammerte, want hiedie album is so goed dat mense soveel as moontlik van hom sal wil probeer uitvind. Daarby verdien hy ‘n kontrak by ‘n groter platemaatskappy, want dit is nie maklik om die album in die hande te kry. As en wanneer dit gebeur, moet sy musikale integriteit net nie verlore gaan nie. Hoe ook al, as jy hierdie CD in die hande kan kry, voeg hom dadelik by jou versameling!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Geen kommentaar

Jan Rhaap ·

Daantjie, baie dankie vir die goeie resensie. Jy som dit wat ek is en wil bereik baie treffend op. Ek is baie bly om jou mee te deel dat ek wel ‘n kontrak gekry het by Vonk musiek en die album word in April 2014 heruitgereik met 2 van my nuwe komposisies by. Die album is geheel en al her-vervaardig en ek hoop jy sal ook van die nuwe album in sy nuwe formaat hou.

Groete
Jan Rhaap

Daantjie Dinamiet ·

Dankie, Jan; ek het die nuwe weergawe van die album gekry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.