Lady Gaga maak skoonskip by VMA’s

Lady Gaga (MTV via AP)

Lady Gaga het Sondag by die Video Music Awards (VMA’s) vier pryse ingeoes terwyl The Weeknd die grootste prys van die aand gewen het.

Die VMA’s het vanjaar deels virtueel plaasgevind, maar ʼn paar bekendes was steeds teenwoordig in New York vir dié geleentheid as aanbieders of vir optredes.

Gaga het onder meer haar bekende liedjies “Stupid Love” en “Rain on Me” saam met Ariana Grande uitgevoer. Die duo het ook die titel van liedjie van die jaar vir “Rain on Me” gewen.

The Weeknd het sy liedjie “Blinding Lights” gesing waarvoor hy die toekenning vir beste musiekvideo van die jaar gewen het.

The Weeknd (MTV via AP)

Tydens hul aanvaardingstoesprake het Gaga en The Weeknd albei belangrike boodskappe by die kykers laat uitkom.

“Dra ʼn masker, dit is ʼn teken van respek,” het Gaga gesê. Sy en Grande het ook hul optrede met maskers op gedoen.

The Weeknd het die kollig laat val op Jacob Blake en Breonna Taylor – twee swart mense wat in voorvalle deur die polisie geskiet is. “Dit is baie moeilik vir my om nou fees te vier en my te verheug in die oomblik. So al wat ek gaan sê is: Geregtigheid vir Jacob Blake en Breonna Taylor,” het hy gesê.

Ander sangers en groepe wat pryse gewen het, is BTS, Megan Thee Stallion, Doja Cat en Machine Gun Kelly.

Hier is ʼn volledige lys wenners:

Video van die jaar: The Weeknd, “Blinding Lights”

Kunstenaar van die jaar: Lady Gaga

Liedjie van die jaar: Lady Gaga en Ariana Grande met “Rain on Me”

Beste nuweling: Doja Cat

Beste samewerking: Lady Gaga en Ariana Grande met “Rain on Me”

Beste groep: BTS

Beste kwarantyn-optrede: CNCO, “MTV Unplugged at Home”

Beste kwarantyn-musiekvideo: Ariana Grande en Justin Bieber met “Stuck with U”

Beste pop-liedjie: BTS, “On”

Beste hip-hop-liedjie: Megan Thee Stallion, “Savage”

Beste R&B-liedjie: The Weeknd, “Blinding Lights”

Beste Latynse-liedjie: Maluma featuring J Balvin, “Qué pena”

Beste rock-liedjie: Coldplay, “Orphans”

Beste alternatiewe liedjie: Machine Gun Kelly, “Bloody Valentine”

Liedjie van die somer: BLACKPINK, “How You Like That”

MTV Tricon-prys: Lady Gaga

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Misky ·

Ag asb en die vashaak oor BLM is nou al holrug gery….. dink nogal iemand het die ou van The Weekend bygekom en hy so paar kneusplekke oor die neus en dalk van uitgesprokenheid – ha ha ha ha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.