Laudo Liebenberg betree die Top-20

Laudo Liebenberg kuier in die Maroela Media-ateljee. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Laudo Liebenberg het die Suid-Afrikaanse musiekbedryf betree as voorsanger van die musiekgroep aKing. Hy het onlangs sy eerste Afrikaanse solo-enkelsnit, “Ek kan nie wag”, uitgereik.

Dié snit maak vandeesweek sy toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 18de plek.

“Die liedjie gaan oor eensaamheid. Dit gaan oor iemand wat jy verloor het of ʼn stuk van jouself wat jy verloor het, soos die tyd verloop het. En dan die hoop dat jy weer ʼn konneksie sal maak met dit wat jy verloor het,” het hy onlangs in ʼn onderhoud met Maroela Media oor dié snit gesê.

Tarryn Lamb en Willem Botha se duet onttroon vandeesweek Appel se gewilde liedjie “Nonna” en “’n Liefde soos die” neem die gesogte no. 1-posisie in.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg en 11 wat daal en twee wat onveranderd bly een nuwe enkelsnit wat die week hul toetrede tot die Top-20 maak.

  1. Tarryn Lamb en Willem Botha – “’n Liefde soos die”
  2. Appel – “’Nonna”
  3. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  4. Brendan Peyper – “Sterk soos ʼn leeu”
  5. Snotkop – “Pens & Pootjies”
  6. Kurt Darren – “Party tyd”
  7. Refentse – “What a boytjie”
  8. Riana Nel – “Ewigheid”
  9. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  10. Brendan Peyper, Elandré, Refentse en Christia Visser – “’Ons maak saak”
  11. Bok van Blerk – “Een”
  12. Juanita du Plessis – “’Dis tyd”
  13. Biggy – “Dames”
  14. Karlien van Jaarsveld -“Stiltes”
  15. Francois van Coke – “As ek kon”
  16. Spoegwolf – “Seile”
  17. Juanita du Plessis – “Maak dit los!”
  18. Laudo – “Ek kan nie wag”
  19. Riana Nel – “Sterker”
  20. Elvis Blue ft Snotkop – “Langpad alleen pad”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jax ·

Nie te sleg nie maar ek wens mense wil leer om hul woorde goed uit te spreek. Plek-plek kan mens skaars woorde uitmaak.
Daar is maar min op bg lys wat werklik kan sing. Vir Baie is auto-tune hul beste vriend

Dries ·

Hoe op dees aarde is “Dames” van Biggy steeds op ‘n top 20 lys?? Daar is nie hoop vir ons volk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.