Laurika Rauch vereer met presidensiële orde

Laurika Rauch. Foto: Facebook via Laurika Rauch

Laurika Rauch. Foto: Facebook via Laurika Rauch

Die bekroonde sanger Laurika Rauch word op 28 April met die presidensiële Orde van Ikhamanga (brons) vereer. Dit is een van die hoogste toekennings in Suid-Afrika wat die sanger se bydrae tot die kunste vereer.

Rauch het aan Maroela Media gesê dit is lekker om vereer te word vir iets wat haar na aan die hart lê. “Dis vir my ʼn groot eer en ek is dankbaar vir die erkenning,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg die musiekbedryf bly haar groot liefde en iets wat sy altyd sal geniet. “Die werk sal altyd vir my lekker en interessant bly en daar is steeds uitdagings,” het sy gesê. “Dis boonop ’n voorreg om voor ongelooflike ondersteunende en meelewende gehore te kan optree.”

Haar ondersteuners kan binnekort nuwe musiek van haar verwag. “Ek is tans besig om te werk aan ’n nuwe album wat oor ’n paar maande sal verskyn,” het sy gesê.

Sy wil ook binnekort al haar albums van die begin tot die jongste op GrootTunes aflaaibaar beskikbaar stel.

Besoek GrootTunes se webwerf. Besoek ook Rauch se webwerf en haar Facebook-blad.

Hier is die volledige lys van toekennings:

Orde van die Mendi vir dapperheid:

  • Hermanus Gabriel Loots (postuum)
  • Maqashu Leonard Mdingi
  • Ulysses Modise (postuum)
  • Peter Sello Motau (postuum)
  • Wilson Ndaliso Boy Ngcayiya (postuum)
  • Joseph “Mpisi” Nduli (postuum)
  • Sam Ntuli (postuum)
  • maj. Jackie Refiloe Sedibe
  • Sizakele Sigxashe (postuum)
  • maj. Peter Lesego Tshikare (postuum)

Orde van Ikhamanga (die strelitzia) vir kuns en kultuur:

  • Laurika Rauch (brons)
  • Thomas Hasani Chauke (silwer)
  • Sylvia “Magogo” Glasser (silwer)
  • Marguerite Poland (silwer)
  • Benedict Wallet Vilakazi(goud) (postuum)
  • Rosina Mamokgethi Phakeng (goud)

Orde van die Kremetart vir gemeenskapsdiens:

  • Helen Rees (silwer)
  • Marina Nompinti Maponya (goud) (postuum)

Orde van Luthuli vir nasiebou en demokrasie:

  • Suliman “Babla” Saloojee(brons) (postuum)
  • Brian Francis Bishop (postuum) (silwer)
  • Msizi Harrison Dube(postuum) (silwer)
  • dr. Simon Gqubule (silwer)
  • Sathyandranath Ragunanan Maharaj (silwer)
  • Mary Thipe(silwer) (postuum)
  • Rietstein Thornton (silwer)
  • John Zikhali(postuum) (silwer)
  • Cleopas Madoda Nsibande(goud)

Orde van Mapungubwe (hoogste orde):

  • Noureddine Djoudi (silwer)
  • Maria Petronella Adriana Kint (silwer)
  • Michelle Bachelet (goud)

Besoek SA News se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

jaco ·

Dis uiters vreemd dat iemand wat sing in “die taal van die voormalige onderdrukker” en in “die taal van apartheid” deur die ANC-regering vereer word. Dis net ‘n sagmaker; ‘n verkiesingsfoefie vir die plaaslike verkiesing later vanjaar.

Rupert Ashford ·

Geluk Laurika – jy verdien dit vir die werk wat jy gedoen het. As mens die lys van name so deurkyk sien jy die nare politiek dik loop. Genoeg gese.

Engela de Klerk ·

Wie staan werklik op teenoor hierdie man, as jy selfs bereid is om “erkenning” te ontvang uit sy hand. Is julle ernstig of nie!

charmaine ·

Wat van Steve hy verdien dit meer, maar aan die anderkant hy sal nie eers opdaag vir so iets vanaf hierdie man af nie.

Pieter ·

Die presidensie moet eers hul eie huis in “orde” kry, voor nog n orde uitgedeel word.

SkarrelKind ·

Erkenning is erkenning, en ek is bly vir haar, sy verdien dit. Dit maak nie saak hoe die naamlys lyk of wie dit meer of minder verdien nie. Sy is ‘n reus in Afrikaanse musiek en ek is bly sy is vereer. Kan ons nie net bly wees vir haar nie? Net een keer die politiek los en saam met haar seëvier nie? Ek is seker dit is wat sy sal wil hê.

hans ·

Die artikel in die Beeld van vandag oor die toekenning is interessant.

Connie ·

Dis sulke mense wat moet opstaan. Hulle het platform daarvoor. Roer die plaasmoorde aan, die regering se aanhoudende opruiende uitsprake teen wittes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.