Laurinda Hofmeyr terug met ‘Wat ek wou sê’

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Liedjieskrywer en musikant Laurinda Hofmeyr het so pas ʼn nuwe album uitgereik – die eerste in sewe jaar.

“Dit was ʼn besige tyd met my dogtertjie. Ek wou tyd saam met haar deurbring en het nie regtig groot projekte aangepak nie.” Sy meen ook dat die landskap van “CD’s maak” baie verander het en dat sy juis daarom eers dinge moes herbesin. “Ek was steeds besig met my musiek, maar het net weer aktief in ʼn rigting begin beweeg hier van einde 2013.”

Laurinda is bekend vir haar toonsetting van gedigte en haar splinternuwe album, Wat ek wou sê, is ook ʼn versameling van gedigte wat sy verwerk het. Vir Laurinda het elke gedig sy eie kleur. Luister gerus om te hoor hoe Laurinda gedigte kies vir toonsetting.

Sy vertel dat NP van Wyk Louw se gedig, “Ons kan nie praat”, ʼn kragtige en opstandige gedig is wat nie “mooi broodjies bak nie”. “Ek wil nie net strelende, mooi musiek maak nie. Ek wil musiek maak wat ook wáár sê van wat mense nou ondervind.” Sy sê daar is nie eintlik ʼn resep om gedigte te toonset nie – die kreatiewe proses moet sy eie gang gaan. “Ek hou nie eintlik daarvan om met bekende gedigte te werk nie, want dan moet mense eers gewoond raak aan jóú idee van die gedig.”

Vir inspirasie, sê Laurinda, is ʼn spertyd die beste ding. “Om enigiets te skep wat regtig moeite vra, beteken altyd ʼn konfrontasie met jouself … en wie wil nou met jouself gekonfronteer word as jy dit kan verhelp? Dis lekker, maar dit verg baie moeite en daarom is ʼn sperdatum ʼn wonderlike ding.”

Laurinda het verskeie vertonings in die Wes-Kaap en sy beplan ook om ʼn draai in Gauteng te kom maak.

Vrydag 6 November – Drostdyteater, Stellenbosch
Vrydag 13 November – Die Ou Meulteater, Paarl
Vrydag 20 November – Die Boer-teater, Durbanville
Donderdag 26 November – Die Malle Meul, Philadelphia

Haar album Wat ek wou sê is teen R120 beskikbaar.  Kry ʼn gratis R120-geskenkbewys van Incanda Meubels wanneer jy dié album by bogenoemde vertonings koop.

Besoek gerus haar Facebook-blad vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.