Leah, Karen Zoid maak verskyning op Top‑20

Die omslag van Leah se album “Kyk na my”. (Foto: Willem Botha)

Karen Zoid en Leah se nuwe enkelsnitte vaar albei só goed dat die liedjies vir dié twee sangeresse ʼn stewige plek op dié week se Maroela Media Afrikaanse Top‑20 besorg het.

Karen Zoid se enkelsnit “Donker nag” vanaf haar album Op die oomblik, is vandeesweek in die 16de posisie, terwyl Leah se “Kyk na my” die 20ste posisie beklee.

Eintlik kan Zoid vir albei dié snitte haarself ʼn klop op die skouer gee – “Kyk na my” is deur haar en Johan Vorster geskryf. Leah het voorheen verduidelik die liedjie gaan daaroor dat almal op ’n tydstip in hulle lewens op ’n weerlose plek kom, maar ook dat daar altyd hoop is.

“Weerloosheid is deel van menswees en ek dink almal was al daar. Johan en Karen het hierdie konsep gebruik om ‘Kyk na my’ te omskep in ’n liedjie waarmee almal kan vereenselwig. Die opbou na die einde van die snit is ongelooflik. Nie net is die woorde bittermooi, rou en waar nie, maar die produksie is ook hoendervleis mooi,” het sy gesê.

Ricus Nel en Snotkop behou hul nommer 1‑posisie vir die 9de agtereenvolgende week.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top‑20 is daar sewe snitte wat styg, sewe wat daal, vier wat onveranderd bly en twee nuwe liedjies wat die week hul toetrede tot die Top‑20 maak.

  1. Ricus Nel ft Snotkop – Boerepompie
  2. Willem Botha – Een shot
  3. Riana Nel – Hou die hemel oop
  4. Elandré – Tussen die lakens
  5. Christia Visser – 17 Shots
  6. Elandré – Vuur op die water
  7. Janie Bay – “Amper daar
  8. Elvis Blue & Theuns Jordaan – Jou huis
  9. Jo Black – “Bitter
  10. Dewald Wasserfall – So sterk soos ’n vrou
  11. Biggy – Dames
  12. Theuns Jordaan – Praat is te laat
  13. Robbie Wessels & Appel – Staan saam
  14. Tasché – Die een
  15. JohnJames – Ek is meer werd
  16. Karen Zoid – Donker nag
  17. Dirk van der Westhuizen – Lusmakertjie
  18. Demi Lee Moore – Mis eet slaap herhaal
  19. Jo Black – Voel jy die genade
  20. Leah – Kyk na my

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.