Leah stap aan op die Top-20

Rudi Claase en Jomari se nuwe liedjie, “Mis die lockdown”, is ’n tong-in-die-kies popliedjie uit Rudi se pen wat spesiaal geskryf is om mense se gemoed te lig in die somber tye waarin ons ons tans bevind.

“Ons het almal vir die eerste keer ervaar hoe dit is om permanent die helfte van jou gesig te bedek met ’n masker en nie te weet watter emosie die persoon oorkant jou ervaar of gemaklik te kan eet nie,” verduidelik Jomari, wat self al langer as 16 jaar in die bedryf doenig is en getroud is met Werner Beukes, vervaardiger van die snit.

“Hierdie liedjie gaan oor hoe ’n verliefde paartjie bereid is om ’n plan te maak om die inperking vry te spring en kieme te trotseer, net om by mekaar te wees.”

Rudi voeg by: “Mense moet begin glimlag, al is die tye seer en onseker. Almal kort nou hoop en los voete en ons hoop dat hierdie liedjie daardie verskynsel na vore sal bring. Kom ons lag en kom ons loop die inperking mis vir die een wat ons liefhet … die vet weet, ek soen my vrou elke dag stukkend. Sy is my skuiling.”

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is Jay en Irene-Louise van Wyk se “My volgende fout”, Soné se “Meisie van follow the sun”, Leah se “Move aan”, Gevoel van veiligheid se “Goedkoop genade”, Georic Lomas se “Verslaaf”, Jacques en Liezel se “Uit my hande” en Van Go se “Die heel begin”.

 

Die week se Maroela Media Afrikaanse Top-20:

Leah.

Leah se splinternuwe liedjie, “Move aan”, maak vandeesweek sy buiging op die Top-20 in die 19de plek.

Jay en Irene-Louise van Wyk debuteer ook met hul liedjie, “My volgende fout”, in die 17de posisie.

Irene-Louise verloor egter haar plek in die no. 1-posisie met “Tekkies brand” en val een plek terug na no. 2. Riaan Benadé se “Spontaan” was weer vandeesweek die gunsteling en neem die topposisie in.

Elvis Blue se “Goud in die vuur” is vandeesweek in die 10de plek terwyl Reën met twee liedjies, “Stof” en “Vrystaat vlaktes”, spog op die Top-20.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg, sewe wat daal, sewe wat onveranderd bly en twee nuwe liedjies wat hul toetrede tot die treffersparade maak.

  1. Riaan Benadé – “Spontaan”
  2. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  3. Appel – “Dina”
  4. Die Heuwels Fantasties & Spoegwolf – “Eggo”
  5. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  6. Bernice West – “Hemel op aarde”
  7. Franja du Plessis – “Bring dit”
  8. Reën – “Stof”
  9. Ricus Nel – “Ploeg jy”
  10. Elvis Blue – “Goud in die vuur”
  11. Brendan Peyper – “Die wolf”
  12. Tasché – “Baby, ek bly”
  13. Dirk van der Westhuizen – “Vir altyd”
  14. Rooksein – “Damlelielief”
  15. Steve Hofmeyr met Touch of Class – “’n Pa se hart”
  16. Kurt Darren – “Blok party”
  17. Jay & Irene-Louise van Wyk – “My volgende fout”
  18. Spoegwolf – “Silwer”
  19. Leah – “Move aan”
  20. Reën – “Vrystaat vlaktes”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.