Lianie May finalis in internasionale videokompetisie

Die sanger en liedjieskrywer, Lianie May, het deurgedring na die weeklikse ronde van 'n internasionale videokompetisie. Foto: Argieffoto.

Die sanger en liedjieskrywer, Lianie May, het deurgedring na die weeklikse ronde van ‘n internasionale videokompetisie. Foto: Argieffoto.

Lianie May, die sangeres wat grootgeword het in Oranjeville in die Vrystaat, bekoor nie net Suid-Afrikaanse gehore nie, maar maak ook ʼn groot indruk in die internasionale musiekbedryf.

Dié gewilde sanger en liedjieskrywer se musiekvideo vir die snit “Naweeklyfie” het deurgedring na die weeklikse ronde in ʼn internasionale videokompetisie. Bestuurders van dié kompetisie het Lianie self genader.

Dit is egter nie die eerste keer dat so groot eer Lianie te beurt val nie. In 2009 het sy ’n Sama gewen vir die meeste verkope van haar wegholtreffer “Vergeet my nie” en was die eerste vroukunstenaar wat dié prys vir ʼn debuut ontvang het.

Lianie, wat al meer as 20 toekennings van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf ontvang het, maak ook Afrikaanse YouTube-geskiedenis. “In a Moment Like This”, die liedjie wat sy saam met Jay opgeneem het, is byna een miljoen keer op YouTube gekyk. Dié duetpaar sal die eerste Afrikaanse kunstenaars wees wat die miljoenkerf bereik.

Indien Lianie genoeg stemme kry en aangewys word as die wenner van die weeklikse ronde van die kompetisie is, sal sy deurdring na die maandelikse ronde. Die weeklikse ronde is oop en die publiek kan van 24 November tot 2 Desember stem. Die eindronde van die kompetisie vind plaas in die Amerikaanse deelstaat Tennessee.

Enigeen kan vir Lianie ondersteun deur aanlyn te stem. Klik op die skakel om te stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dawie ·

Ek het probeer stem maar jy moet jou “username” en “password” intik alvorens jy kan stem (sy het al 51 stemme gehad, die meeste sover) Ek was nog nooit op die webblad nie toe probeer ek ‘n nuwe inskrywing. 6 Probeerslae en e-mail adres soos gevra maar niks………….

Dawie ·

Jammer vir blonde oomblik “create password” is heel bo-aan regs op webblad. Sy staan nou op 146 stemme, net 2 meer as sanger in tweede plek. Gaan stem mense !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.