Liefde en Genade

Manie Jackson

Die SAMA-wenner Manie Jackson is terug met nóg ‘n eerlike, onopgesmukte album – gepoets met’n geestelike inslag, hartstog en die bekoring van country.

Ná die welslae van sy debuutalbum – goue status én die SAMA-toekenning vir die beste country-album – is Manie Jackson terug met nóg ‘n trefferalbum: Liefde en Genade. En die betowering duur voort! Hy sing weer country, hy sing pop, hy sing ballades, hy sing dansnommers… Kortom: hy kán en mág sing! Hy doen dit jare al en met daardie volronde stem het hy talle musiektoekennings verdien. Nou kry die hele land weer die geleentheid om sy stemgehalte te geniet.

Die repertoire is saamgestel uit Europese melodieë wat die volle omvang en krag van sy stem (van suiwer tenoor tot ryk bariton) ten toon stel – met Afrikaanse, luistergerigte lirieke deur Sarah Theron en Manie self. Tussen die toonvensterwerk is Vier klippe (Niel Schoombee, Sean Butler en Lia Smit se liedjie vir die Huisgenootliedjieskryfkompetisie) en die roerende lied Vir pa (deur Manie, Frikkie de Bruin en Marius de Vos).

Daar is twee puik duette: Haar liefde (met Ray Dylan) en Waltzing Maria (met MoniQue). Deur die snitte Loop net langs my spore, Net jy, Die liefde, Kom saam met my, Kan ons dan nie?, Louisa, Ek wil altyd by jou bly, In die Hemel is ‘n engel weg, Net ‘n Ma, Vra my nie, As ek jou weer kan hê, Gebed van ‘n kind en die roerende titelsnit, dra die album die stempel van liefde en geloof.

Die hartstog, menslikheid en geestelike inslag van die lirieke tréf onmiddellik en die byblymelodieë verseker wydreikende luisterrykheid. Ervaar vokale sjarme en ‘n eerlike vertolking.

Speellys:

  1. Loop Net Langs My Spore
  2. Vir Pa
  3. Net Jy
  4. Dis Liefde
  5. Kom Saam Met My
  6. Liefde En Genade
  7. Kan Ons Dan Nie
  8. Louisa
  9. Ek Wil Altyd By Jou Bly
  10. Haar Liefde (Duet Met Ray Dylan)
  11. In Die Hemel Is ‘n Engel Weg
  12. Net ‘n Ma
  13. Vra My Nie
  14. Waltzing Maria (Duet Met Monique)
  15. As Ek Jou Net Weer Kan Hê
  16. Vier Klippe (Huisgenoot Liedjieskryfkompetisie – 2011 Finalis)
  17. Gebed Vir ‘n Kind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.