LIG-konsert: Kom saai saam hoop

Prop (Foto: Verskaf)

Deur Driaan van Rooyen, beter bekend as Prop

Met die groot sukses van verlede jaar se konsert, kon ons nie anders as om dit weer die jaar aan te bied nie. Op 3 September maak ons dus weer so.

Baie mense vra hoekom die naam “LIG”? Want LIG staan vir “Liefde In Gestremdheid” –  ons gee om, ons reik uit, ons maak bewus en ons maak sterker!

Met die stigting van die LIG-konsert in 2021 was die gedagte van die begin af om bewusmaking en fondsinsameling effens anders aan te pak. Ek, saam met die Helpende Hand-span, het gesit en mooi gedink wat die eintlike doelwit van so ʼn konsert moet wees.

Ons het besef dat in plaas daarvan om ʼn konsert te hou vir mense wat leef met gestremdhede, ons graag net ʼn konsert wou hou as verteenwoordigers van mense wat leef met gestremdhede. Ons wil dus ʼn dinamiese geleentheid skep nie net om die Afrikaanse musiekbedryf te vier soos net ons kan nie, maar ook om  ʼn klein blik op die uitdagings van leef met gestremdhede te vertoon, maar tog ook wys dat ons gestremdheid ons glad nie terughou nie.

Die kunstenaars is met die hand gekies om hoop te saai, ʼn boodskap van hou moed oor te dra, maak nie saak wat jou kant toe kom nie.

Saam met my op die verhoog gaan Ruhan du Toit, Mathys Roets, Monique Steyn, Vernon Barnard en  Rochelle Veenemans wees, met Eric Holm as seremoniemeester.

Matthys Roets vermaak die gehoor by Solidariteit Helpende Hand se “Sing, Hoop, Weerklink”-konsert wat 2021 aangebied is. (Foto: Janice du Plessis/Maroela Media)

Die fondse wat met die kaartjieverkope ingesamel word, gaan direk teruggestort word in die LIG-studiefonds. Studente met gestremdhede se studiekoste is heelwat hoër en hulle het meer as net die gewone uitgawes. Hulle het unieke uitdagings en het onder andere ʼn tolk, spesiale vervoer, rekenaartoerusting en so meer nodig. Die fonds se hoofmandaat is dus om die finansiële uitdagings van studente met gestremdhede te verlig. In die opsig is Helpende Hand se uitgangspunt om hande te vat met geregistreerde tersiêre instellings sodat die finansiële ondersteuning wat ons bied, volhoubaar uitgevoer kan word.

Waaraan daar egter geen tekort is nie, is talent. Myns insiens neem ʼn persoon wat met gestremdheid leef soms meer waar, wat hulle unieke kandidate vir spesifieke beroepe maak. Om as kind in ʼn rolstoel stil te sit het my waarnemingsvermoë ontwikkel. Vir my was dit my droom om ʼn argitek te word. Dit is ʼn beroep waarin skerp waarneming uiters belangrik is, met baie minder fisieke uitdagings.

Kom saai hoop, en vier die aand saam met ons!

Indien jy hier lees en wel ʼn bydrae wil maak, kom geniet die LIG-konsert saam met ons. Die geleentheid vind op 3 September om 17:00 by Sol-Tech Monumentpark-kampus  plaas. Bespreek nou jou kaartjies.

 lig-konsert.jpgSou jy dit graag nog ʼn stappie verder wou neem deur met Helpende Hand en die LIG-studiefonds hande te vat om van die geleentheid nog ʼn groter sukses te maak, kan jy gerus vir René Roux by [email protected] kontak.

Ons spreek ons opregte dank uit teenoor die volgende persone en instansies wat reeds hand opgesteek het om deel van hierdie hoopsaai‑storie te wees!

 

Koop jou kaartjies vandag nog! 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.