‘Lofprysingsmaraton’ vir dié Jeugdag beplan

Die kreatiewe span agter die reuse Godly Revolution musiekfees. (Foto: verskaf)

“Ons gaan vir jongmense wys dat hulle pragtig is, dat die Here lief vir hulle is en dat Hy ’n plan met hul lewens het. Hy wil hulle gebruik om ’n verskil in die wêreld te maak.”

Só gesels Erich Posthumus, bestuurder van die Goeie Nuus-fabriek en organiseerder van die Godly Revolution-jeugfees, oor dié reuse-lofprysingsgeleetheid wat later vandeesmaand in Pretoria sal plaasvind.

Dié fees, wat op Jeugdag plaasvind, dien as uitnodiging vir Suid-Afrikaanse jongmense om ʼn dag saam met die Here deur te bring. Erich benadruk verder dat tieners hul vriende en selfs hul ouers kan nooi om die geleentheid saam te vier.

Die Godly Revolution Christelike musiekfees is verlede jaar ná langer as ʼn dekade hervat. Voor dit, is die fees laas in 2010 gevier.

“Dit was ʼn reuse-sukses,” vertel Erich oor die hervatting van die fees.

“Die kaartjies is reeds drie dae voor die fees afgeskop het, uitverkoop.”

Hy hoop om dié sukses vanjaar weer voort te sit.

Vir elke ouer met n tiener naby Pretoria16 Junie17:00-21:00Lewende Woord Brummeria (Pretoria)Godly Revolution kaartjies teen afslag*Betaal slegs R1000 vir 6 mense* Belê in jou kind se geestelike groei en bespreek hierhttps://qkt.io/lwGmtZ@radiokansel@godlyrevolution@iamyouth#pretoria#godlyrevolution#youth#iamyouth

Posted by Gretha Wiid on Thursday, May 18, 2023

Godly Revolution-2022 het tientalle harte aangeraak en verander, vertel Erich. Tieners het nie net saam gejubel nie, maar het ook die geleentheid te kry om van hul trauma en verlies wat vanuit die Covid-19-pandemie gespruit het, ontslae te raak.

Die fees vind vanjaar op 16 Junie by die Lewende Woord-hoofgemeente in Brummeria, Pretoria plaas. Daar kan sowat 2 400 mense geakkommodeer word, dubbeld en nog meer as die mense wat die fees verlede jaar kon bywoon.

Pedri van der Westhuizen, One Crown, Minke Brits, Majozi en DJ Maestro sal vanjaar by die jeugfees te siene wees. Dit word deur Radio Kansel, I am Youth en Goeienuus-fabriek aangebied.

“Die jongmense is honger vir die Here.”

(Foto: verskaf)

“Ons sien hoe tieners by hul individuele kerke saamdrom om die Here te loof en te prys. By die Godly Revolution-fees, doen ons dit saam as ʼn reuse-groep gelowiges.”

Erich sê verder dat hulle bewus is daarvan dat die fees pens en pootjies in die middel van die skooleksamen plaasvind, maar dat die langnaweek geleentheid bied vir leerders om genoeg tyd agter die boeke ook deur te bring.

“Hulle kan kom jeugfees Vrydag, en lekker leer Saterdag!”

  • Vir meer inligting oor die Godly Revolution-jeugfees en om kaartjies aan te skaf daarvoor, besoek hierdie webwerf.
  • Volg Godly Revolution hier op Facebook.
  • Kaartjies sal nie by die deur beskikbaar wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

johann ·

Wat van sonde belydenis? Word dit nie meer vir die jongmense geleer nie?

Michael ·

Nee dit verg erkenning van verlorenheid en niemand is vandag mos meer verkeerd of verlore nie. Die enige Heilige God wat alleen kan red, word selfs in kerke as karakatuur voorgestel wat net bestaan om die mens te beloon en goed te laat voel

Michael ·

Wat beteken dit om ‘n dag saam die Here deur te bring? Waars die Here die ander dae? Hierdie “lofprysingsdienste” is niks anders as paganistiese aanbidding geklee in ‘n Christelike baadjie nie. Leer die jongmense hulle is helverdiende sondaars wat slegs deur Christus verlos kan word. Hulle kan God nie aanbid en loof sonder die Heilige Gees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.