Loki Rothman vind sy pad op die Top-20

Loki Rothman. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Loki Rothman se jongste enkelsnit, “Op my pad”, maak vandeesweek sy toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 17de plek.

Op my pad is ook die titel van Rothman se Afrikaanse debuutalbum, wat ook vandeesweek uitgereik is.

Elandré bly vir die tweede agtereenvolgende week in die no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg en nege wat daal, vier wat onveranderd bly en een nuwe enkelsnit wat sy toetrede tot die Top-20 maak.

  1. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  2. Appel – “Nonna”
  3. Brendan Peyper – “Sterk soos ʼn leeu”
  4. Riana Nel – “Ewigheid”
  5. Bok van Blerk – “Een”
  6. Francois van Coke – “As ek kon”
  7. Tarryn Lamb & Willem Botha – “ʼn Liefde soos die”
  8. Bernice West – “Sonop-blom”
  9. Snotkop – “Pens & Pootjies”
  10. Kurt Darren – “Party tyd”
  11. Juanita du Plessis – “Dis tyd”
  12. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  13. Karlien van Jaarsveld – “Stiltes”
  14. Biggy – “Dames”
  15. Laudo – “Ek kan nie wag”
  16. Refentse – “What a boytjie”
  17. Loki Rothman – “Op my pad”
  18. Brendan Peyper, Elandré, Refentse & Christia Visser – “Ons maak saak”
  19. VirAnder – “Sing ʼn Halleluja”
  20. Riana Nel – “Sterker”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.