[Luister] Adam Barnard verras met nuwe klank

Adam Barnard. Foto: Facebook via Adam Barnard

Adam Barnard. Foto: Facebook via Adam Barnard

Die voormalige Romanz-sanger, Adam Barnard, het onlangs sy eerste album vir die algemene mark, Seisoene in die Son, vrygestel wat beloof om dié sanger se solo-loopbaan na nog hoër hoogtes te voer.

Die sanger het onlangs groot sukses behaal as solo-kunstenaar met sy gospelalbum, Ruk my tot stilstand. Adam sê hy hoop sy nuwe album reik na ʼn groter gehoor, hoewel hy dieselfde boodskap wil oordra.

“Dit is vir my ʼn wonderlike voorreg om te kan sê ek stel my eerste album vir die algemene mark vry, maar ek breek nie weg van gospel af nie. Ek wil mense se harte aanraak wat nie noodwendig ʼn gospelalbum gaan koop nie, en glo dié medium is die perfekte manier daarvoor,” het hy gesê.

Adam vertel die gelyknamige eerste enkelsnit vertel oor sy ervaringe in die musiekbedryf en stories oor liefde. “‘Seisoene in die Son’ is ʼn liefdesliedjie vir my vrou. Ek het vroegoggend wakker geword en net die liedjie begin skryf. Dit is die verhaal van die pad wat ek in my musiekloopbaan gestap het en dit praat oor al die seisoene van my lewe.”

Aanhangers kan uitsien na ʼn duet van “In the arms of the angel” saam met Leah op die album. “Die liedjie is absoluut vir haar stem gemaak en mense sal dit geniet. Ek het ook ʼn paar ander grotes gepak en hoop dit word positief ontvang.”

Verlang hy terug na Romanz? “Ek mis die broederskap van die groep. Ons was altyd onnutsig op die pad, en om alleen te toer is nie so lekker nie. Maar ek glo dis waar ek moet wees en waar die Here my wil hê, en ek geniet elke oomblik.”

Aanhangers kan hom op 25 April by die Barnyard-teater in Pretoria sien waar hy sal optree. Seisoene in die Son is beskikbaar in musiekwinkels landwyd.

Besoek ook sy Facebook-blad en Twitter.

Kyk die musiekvideo vir sy liedjie “Seisoene in die Son”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ansie Geldenhuys ·

Mooi so Adam en trots dat ons saam in Parys woon. Voorspoed

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.