Luister: Amanda Strydom oor die KKNK en ‘Die hele boksemdaais’


Amanda-Strydom-vuur-gevang-in-glas

Amanda Strydom. Foto: cloveraardklop.co.za

Sy is al 36 jaar in die vermaakbedryf en het ook nog nie ʼn Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) misgeloop nie. Vanjaar is Amanda Strydom weer op dié fees by Die Boer-teater se opslaanrestaurant te sien met haar produksie Amanda Strydom: Die hele boksemdaais.

Amanda Strydom: Die hele boksemdaais is saamgestel uit grepe van al haar vorige eenvrouvertonings.

Maroela Media het met haar gesels oor die saamstelling van die nuwe produksie, die nostalgie wat daarmee gepaardgaan en wat die KKNK vir haar so spesiaal maak.

Amanda Strydom: Die hele boksemdaais is  nog van 9 – 11 April  op die KKNK te sien en kaartjies is hier beskikbaar teen R130.

Daarna is dit ook te sien by die Die Boer restaurant teater, die Atterbury Teater en Die Ou Meulteater. Vir meer inligting besoek gerus Amanda Strydom se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.