Luister: Armand Hofmeyr vier 10 jaar se musiek met nuwe album

Armand Hofmeyr kuier in die Maroela Media-ateljee. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Armand Hofmeyr het die afgelope tien jaar sy plek in die Afrikaanse musiekbedryf bevestig as sanger, liedjieskrywer en vervaardiger. Hy vier dié mylpaal met ʼn splinternuwe album getiteld 10 jaar.

Die album bestaan hoofsaaklik uit Hofmeyr se gewilde treffers soos “Kitty” en “Lekkerlyf”. Sy treffer, “Pa en seun”, wat hy saam met sy pa, Steve Hofmeyr, opgeneem het, is ook in die album ingesluit.

Hofmeyr se enkelsnit, “Suid-Afrika”, wat verlede jaar uitgereik is, is ook in die album. Hy vertel in ʼn ateljeeonderhoud met Maroela Media dié liedjie lê hom na aan die hart.

“Ek het die liedjie al in 2014 geskryf. Een van my kliënte is aangeval in ʼn plaasaanval en dit was op daardie stadium die hoevéélste geval waarvan ek gehoor het, toe skryf ek die liedjie. Dit handel nie net oor plaasaanvalle nie – ek het gevoel alle Suid-Afrikaners verdien beter,” vertel Hofmeyr.

“Die doel van die liedjie is net om mense nog meer bewus te maak van wat aangaan en om te sê: Ons is moeg [vir die geweld].”

Hy vertel dat hy homself in die ateljee besig hou met vervaardiging wanneer hy nie self op die verhoog is nie en hy glo dit is belangrik om selfstandig te wees in dié bedryf.

“Niemand gaan my help nie, kom ek agter. ‘Suid-Afrika’ is die eerste liedjie wat ek self geskryf, opgeneem en vervaardig het. Op die oomblik is ek besig met ʼn hele nuwe album met oorspronklike snitte. Ek wou net eers met 10 jaar die afgelope tien jaar van my musiek gedenk.”

Hofmeyr sonder sy toere na onder meer Australië en Kanada uit as van die hoogtepunte in sy loopbaan. Hoewel hy groot lof het vir die Suid-Afrikaners wat oorsee hulle potjies krap en steeds die Afrikaanse musiekbedryf ondersteun, dink hy nie hy sal sommer vinnig sy tasse pak nie.

“Dis altyd maklik vir mense om te sê jy moet trek, maar wat mense nie besef nie is dat my taal my werk is. As jou taal jou werk is, kan jy nie net trek nie.”

  • 10 jaar is beskikbaar by toonaangewende musiekwinkels asook digitaal.
  • Luister bo aan die berig na die volledige onderhoud met Armand Hofmeyr.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
VanAfrika

Het die liedtjie die eerste keer gehoor op facebook. Armand jy het jouself oortref met die liedtjie. Dit raak snare waar daar nie snare is nie. Goed gedoen, ek sal definitief hierdie album koop

Suzette

Volg in sy Pa se voetspore met dieselfde mooi stem.

Rina

Veels geluk Armand!

Wens jou nog baie jare voorspoedige musieknote toe!
Baie selde dat ‘n Pa en seun so talentvol is, maar dat die seun nie in sy Pa se skaduwee beweeg nie! Jy het jou eie merk gemaak!

Steve, geluk aan jou ook, jy kan baie trots wees op Armand!