Arno Carstens sing in Afrikaans

Arno Carstens

Foto: Facebook/Arno Carstens

Arno Carstens het pas sy eerste Afrikaanse EP (oftewel mini-album), Die aand, bekendgestel. Die aand se oorsprong kom van “Die aandblom 13”, die titel van sy Afrikaanse album wat later vanjaar uitgereik word.

Die Aandblom 13 is die adres waar Arno grootgeword het, en vir hom is dit simbolies omdat sy Afrikaanse wortels daar gedy het.

Die aand het al die kenmerkende en unieke klanke waaraan sy aanhangers gewoond is, en hierdie EP is besonder persoonlik aangesien elke lied daarop deur Arno self geskryf is.

Per voorafbestelling sal die EP op 22 April op iTunes besikbaar wees. “Ontwaak” is reeds hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

hans brits ·

Afrikaans,die mooiste maklikse taal.Die taal gaan nooit vergaan nie en ek dink ons afrikaanse musiekante is ook die beste in die wereld.Dis lekker om te sien as n nuwe sanger sy/haar debuut maak.

Reinhardt ·

Arno Carstens is definitief nie n nuwe sanger nie. Dit is slegs sy eerste album in Afrikaans. Hy het al menigte Engelse albums uitegereik onder Springbok Nude Girls en Arno Carstens. Ek het hom die eerste keer hoor Afrikaans sing saam met Francois van Coke.

Sonet ·

Sjoe, dis pragtig! Wonder hoe dit sal klink as hy en Daniël Baron saam musiek maak!

Sonet ·

Reinhardt, jy is reg. Hy sal net so mooi saam met Watershed, Collective Soul, ens. Klink!

Niel ·

Wat het van die “Soundcloud skakel” geword? Ek het vroer daarna geluister, maar nou is dit weg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.