Luister: Bly kalm en luister na die Coffee Snobs


Coffee-Snobs

Die musiekgroep, Coffee Snobs, bestaan Vernette Wessels, Wicus Struwig, Marius Wessels en Johan Willemse. Foto: Coffee Snobs se Facebook-blad.

Nes die aroma van varsgemaalde koffie is die musiekgroep Coffee Snobs se musiek iets wat jou sintuie behoorlik deurdrenk. Die lirieke is sorgvuldig verweef, die melodieë is lekker vars en die verwerkings is inspirerend. As jy hulle musiek eers gehoor het sal jy beslis dors wees vir meer.

Vernette Wessels, hoofsanger en kitaarspeler van die groep, het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen gesels oor Coffee Snobs se musiek asook hul nuwe album wat binnekort bekendgestel word.

Luister hieronder na Coffee Snobs se musiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lionel ·

Koffee gedrink, toevallig, terwyl ek hierna geluister het,het geniet !

Kobus ·

Uitstekend! Vir ‘n slag iets oorspronklik en nie ‘n band wat soos 10 ander voor hulle klink nie. Sing so voort!

Andre ·

Afrikaanse musiek is volwasse. Ek was lanklaas só meegevoer. Die album by Musica kan nie ‘n dag langer wag vir my nie. Neem die kompliment (ek is maar vol dinge as dit by musiek kom) ernstig op en maak nog!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.