Luister: ‘Boeremusiek nie net vir oumense’

VATVAS-CoverDie Vatvas Dansorkes is ʼn opkomende kitaar-groep wat onlangs hul eerste album, Gooi die meel, vrygestel het. Aanhangers beskryf dié vierstuk van die Oos-Rand as geskaaf, gedrewe, passievol en afgerond.

Rudie Grobler (hoof- en ritmekitaar), Johan Duvenhage (hoof- en ritmekitaar) en Martin Viljoen (baskitaar) vorm deel van die groep. Hulle het ook onlangs plek gemaak vir Koos van Dyk op die tromme.

Johan, wat op ʼn kleinhoewe met beeste en skape boer, vertel die groep het die idee vir die album se titel op die dansvloer gekry. “Die ouer mense weet, as jy lekker wil dans, dan gooi jy meel op die vloer. ‘Gooi die meel’ is ook ʼn nommer op die album en die gehore geniet hom altyd baie. Ons self geniet hom ook.”

Die album, wat 20 snitte bevat, is deur Rudi Muller en Ernie Bates vervaardig. “Ernie is ʼn jare lange goeie vriend van ons,” vertel Johan. “Hy het eintlik saam met ons grootgeword. Dis lekker om saam met hom te werk, want hy is ʼn man wat sy storie ken en baie professioneel is. Hy self doen baie goed en was vir ʼn rukkie oorsee, waar hy saam met die groep Overtone besig was.”

Die groep sê alhoewel baie mense glo boeremusiek is “net vir oumense”, is dit een van die genres van musiek by wie enige ouderdomsgroep aanklank kan vind.

“Wat ons uniek maak, is dat ons musiek verwerk word in ʼn tipe dansmusiek wat oud en jonk kan geniet. Ons het die snitte juis so gekies dat almal daarvan sal hou.”

vatvas-dansorkes

(Foto: Facebook)

Alhoewel die manne hulself deur die dag met ander dinge besig hou, is musiek hul passie. “Ek en Rudie het besluit ons moet ʼn opname maak voor ons almal te oud raak,” lag Johan.

Koos, wat bedags in ʼn regsberoep is, beaam dit. “Dit is ʼn voorreg om musiek vir mense te speel wat dit werklik geniet.”

Martin is voltyds in die musiekbedryf en doen ook klank vir verskeie kunstenaars.

Rudie vertel hy was 12 jaar oud toe hy en sy oorlede pa, Hans, begin kitaar speel het. “Toe hy hoor ek kom mooi reg, het ek saam met hom by troues en ander funksies opgetree. Later, toe die Vatvas Dansorkes besluit om ʼn album op te neem, het ons gehoor Ernie is terug in die land. Ons het hom gaan sien, en die res is geskiedenis.”

Die album is by groot musiekhandelaars beskikbaar. Volg die groep op hul Facebook-blad.

Kyk hier na die video vir “Maak hom bymekaar”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mk ·

Ek is 39 en hou baaaaie van boere musiek ek weet nie waar Val ek nie oud of jonk (voel jonk) maar Dans op die musiek lekkerrrrr

Gerda ·

Lekker man lekker….UITSTEKEND BAIE MOOI…!!!Julle mag maar…!!!!

G ·

hoe lekker was dit nou gewees om na dit te luister uitstekend manne dit bly maar die lekkerste dans musiek ,my voete jeuk sommer nou

Chris ·

Daar is net een tipe musiek waarop jy rêrig kan dans en dit is volgens my boeremusiek of sakkie sakkie. Ek was 12 jaar oud en kon al dans. Ek het menigte troues en geleenthede bygewoon waar daar gedans was en het dit terdeë geniet. Die “ooms” dans mos nie graag nie of kon nie dans nie, maar dan het ek maar met die tannies en dogters gedans. Vet pret gehad. Ek moes eintlik ‘n ou van 6voet 6 gewees het maar het my bene tot of 5voet 8 “kort gedans”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.