Luister: Connell Cruise vertel oor New York, nuwe musiek


Conell Cruise 07

Conell Cruise. Foto: Facebook via Conell Cruise

Die Suid-Afrikaans gebore internasionale sanger, Connell Cruise, sê hy stel later vanjaar ʼn nuwe album bekend wat stories vertel oor sy lewe in New York, dinge waarmee mense kan assosieer en die liefde.

Die sanger het in 2013 sy debuutalbum bekendgestel en is in die volgende jaar vir drie SAMA-toekennings benoem. “Dit voel asof die drome wat ek nie eers wou droom nie, waar geword het. Ek het nie verwag dit so vinnig sal gebeur nie, maar ek is dankbaar. Ek is baie nederig,” het hy gesê.

Hy sê hoewel hy geëmigreer het, bly dit vir hom belangrik om terug te keer na Suid-Afrika. “Dit is my huis en dis waar alles vir die eerste keer begin het. Ek sou nie gewees het waar ek is in Amerika, as mense nie my musiek hier ondersteun nie. Selfs al woon ek in New York, bly ek ʼn Suid-Afrikaner.”

Hy het onlangs saam met Adam Lambert opgetree en werk tans daaraan om die nuwe album teen die einde van vanjaar in die winkels te hê.

“Ek is tans besig om ʼn nuwe vollengte album op te neem en enkelsnitte soos “Into the wild” is deel van die EP voordat die album vrygestel word,” het hy vertel.

Suid-Afrikaanse aanhangers behoort die sanger einde vanjaar in lewende lywe te sien. “Ek het nou net ʼn konsert saam met die Drakensberg-seunskoor gedoen. Daar wag ook nog konserte wanneer ek weer terugkeer Suid-Afrika toe later vanjaar.”

Besoek Connell se Facebook of YouTube-blad.

https://youtu.be/m0DEzhWezxs

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.