Die Afri-Duetfees is een van Suid-Afrika se glansrykste musiekaande van die jaar. Elke jaar word die gehoor vermaak met die room van die Afrikaanse musiekbedryf en vanjaar is geen uitsondering nie. Een van die sangpare wat tydens die vertoning optree is Corlea Botha en Jannie Moolman wat pas hulle duetdebuutalbum, Alle paaie lei na Rome, uitgereik het.
Esté Meyer Jansen het met Corlea en Jannie gesels oor dié album asook oor die Afri-Duetfees wat Vrydag in die ZK Matthews-teater op die Unisa-kampus in Pretoria plaasvind.
- Enkele kaartjies vir vanjaar se Afri-Duetfees is nog beskikbaar. Besprekings kan gedoen word deur ʼn e-pos te stuur na [email protected].