Luister: Dana Winner gaan SA betower met nuwe konserte


Dana-Winner

Dana Winner. Foto: Danawinner.com

Die Belgiese sangeres Dana Winner is al byna so volkseie as koeksisters en melktert.

Dié sangeres is in September terug in die land vir ʼn konsert in Johannesburg en een in Kaapstad. Aanhangers van haar pragtige musiek en eiesoortige stem kan uitsien na ʼn skouspel van musiek en beligting. Winner sing van haar jongste én grootste treffers.

Esté Meyer Jansen van Maroela Media het met Winner oor haar konserte gesels tydens ʼn bekendstelling van die Arena-konserte in die Maslow-hotel in Johannesburg.

  • Dana Winner is op 11 September in Carnival City, Johannesburg, en op 12 September in die Grandwest Casino in Kaapstad. Kaartjies kan bespreek word by Computicket. Besoek danawinner.com vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nics ·

Sy sing baie mooi en is n besonderse mens maar haar kaartjies is net te duur vir JanAlleman.
Ek sal eerder my ” vermaak-fondse ” gebruik om plaaslike kunstenaars te ondersteun.

Llewellyn du Plessis ·

Hi Nics, Baie dankie vir jou terugvoer. Hou gerus die media dop vir kompetisies! Jy kan moontlik ‘n kaartjie of twee wen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.