Luister: Deon Groot sing vir ‘Die een’

Deon Groot. (Foto: Deon Groot/Facebook)

“Op die ou end kom dit terug na een ding toe: almal is op soek na liefde en iemand waar jou hart kan rus.”

Só gesels die diepstem-sanger, Deon Groot, oor sy jongste enkelsnit, “Die een” wat pas uitgereik is.

Dié liedjie, wat hy as ’n liefdesbrief vir sy geliefde beskou, vertel ’n rou en eerlike verhaal oor lewenslange liefde. Selfs al volg die liedjie ’n ernstige tema, benadruk Deon dat dit steeds ’n lekker danstreffer is wat enige ruimte sal opkikker.

“Dit is vir my lekker om te kan sê, maar ek het ‘die een’ in my lewe,” vertel hy.

“Ek het een oggend wakker geword en besef dat ek nie sonder hierdie persoon kan wees nie. Sy is my linker- én regterhand, my fokuspunt en my toekoms-groeipunt.”

Die liedjie weerspieël ook die aanhoudende en voortdurende groei van liefde, ongeag enige troebelwater en grondpaaie wat ʼn paartjie dalk in die gesig mag staar.

“Die een” vorm deel van die uitbreiding van Deon se musiekstorie, met ʼn skerper lig wat op sy ernstige sy val.

Deon beskryf elkeen van sy liedjies as ʼn kortverhaal wat aan die einde van die dag ʼn boek se leesstof vorm. Dit is nie net hoe sy musiek aanmekaar getimmer word nie, maar ook hoe sy musiekvideo’s gekonseptualiseer en geskep word.

Tog, toe die dag aanbreek om “Die een” se musiekvideo neer te pen, het hulle besluit om vir eens nie te wonder oor die storie wat hulle gaan vertel of die karakters wat hulle gaan skep nie.

Rou en eerlik, dít is hoe die liedjie en musiekvideo aangepak is.

“Ek hoop vir almal daar buite dat hulle ‘die een’ kan vind. Dat hulle kan weet wat agter hulle staan en nie net wat voor hulle strek nie.”

  • Luister boaan na ʼn volledige klankonderhoud met Deon Groot.

Kyk na “Die een” se musiekvideo hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Flemming ·

Hoekom laat julle my verwysing na die dra van sitplekgordels weg ?
Hierdie man is ‘n meningsvormer en behoort ‘n lewensreddende voorbeeld te stel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.