Harry en Tony Campbell deel vanjaar van hul gunsteling-country-treffers met musiekliefhebbers op hul jongste album, Homegrown Country. Die dubbelalbum bestaan uit 32 snitte wat ou en nuwe country-liedjies bevat. Die broers het vanjaar ook hulle sewende DVD, Bapsfontein Live, bekendgestel.
Esté Meyer Jansen het die geleentheid gehad om saam met hulle te kuier in Maroela Media se ateljee en sy het hulle gevra waarom country-musiek so gewild in Suid-Afrika bly.