Luister: Dié country-album kom uit die hart

Chris Else (Foto: Verskaf)

Na vyf goeie jare in die musiekbedryf, twee albums en verskeie treffers, is Chris Else (26) terug met ’n splinternuwe country-enkelsnit en ‑album, albei genaamd Hoor my roep, wat volgens hom ʼn stukkie van sy eie hart is.

Só vertel hy in ʼn onderhoud met Maroela Media. “Ek hoop mense luister na hierdie liedjie en dink aan iemand vir wie hulle lief is of iemand waarna hulle verlang. Dit gaan alles oor liefde. Want die liefde oorwin alles,” sê Else, wat sélf die liedjie geskryf het toe hy na sy vrou verlang het.

“Ek is baie van die huis af weg en verlang maklik. Die snit gaan juis oor daardie verlange na die geliefde wat jy agterlaat. Wanneer jy ver weg is en jou hart roep na daardie spesiale persoon.”

Else sê hy was in Botswana toe hy sy vrou gebel het en vir haar gesê het dat hy na haar verlang. Hy het toe die liedjie op pad huis toe geskryf.

“Ek skryf meestal oor goed wat naby aan my hart is, wat eie aan my is of oor ʼn persoonlike ondervinding wat ek gehad het,” sê hy.

Vier van die liedjies op Hoor my roep kom uit Else se eie pen, en hy het ook sekere liedjies saam met die bekende sanger en liedjieskrywer Appel geskryf. Else beskryf Hoor my roep as ʼn tipiese country‑album, met lirieke wat uit sy hart uit kom en liedjies wat ʼn storie vertel.

“Hoor my roep” is op alle digitale platforms en in musiekwinkels beskikbaar. Vir meer inligting oor Chris Else, besoek sy Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

WIEBO ·

Nog nooit van die ou gehoor nie, maar hy KAN sing! Alle sukses vorentoe!!!

Pensioenaris ·

Ook nog nooit van hom gehoor nie, maar hy sing pragtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.