Die Heuwels Fantasties se splinternuwe album Ja.Nee.Lekker is aan die einde van 2014 bekend gestel en is propvol oorspronklike musiek en hulle weergawe van Pieter van der Lügt se Voëlvry.
Hulle het ook ʼn langspeelplaat bekend gestel, Deuntjies vir die Draaitafel. Maroela Media het met Pierre Greeff oor die nuwe album en die besluit om ʼn plaat uit te reik, gesels.
Kyk ook gerus na die eerste musiekvideo vir dié album.