Luister: DZL aan die brand met musiek én op loopplank


Wiaan Fourie en Andries Hendrik Potgieter as DZL. Foto: Facebook via DZl

Wiaan Fourie en Andries Hendrik Potgieter as DZL. Foto: Facebook via DZl

Die model- en musiekduo, DZL, het onlangs met Maroela Media gesels oor die sukses wat hulle bereik met hul Country Folk-musiek én op internasionale loopplanke.

Die duo, wat bestaan uit Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, het vertel hulle het op ʼn eienaardige manier hul loopbaan as duo afgeskop. “Ons albei het voorheen ons eie sololoopbane gehad. Ons het twee jaar gelede vir die eerste keer saam opgetree ná my kitaarspeler twee programme bespreek het. In daardie stadium het ek en Wiaan saam modelwerk gedoen. Ek het toe Wiaan gevra om kitaar te kom speel en te sing, en die mense het daarvan gehou,” het Andries vertel.

Hulle het intussen ’n kontrak geteken met die platebaas Sony BMG. Hul enkelsnit
“Langpad” is onlangs bekendgestel. “Dit gaan oor die lewe self, asook die pad wat jy stap en wat jy uit die lewe put en daarmee maak,” het Wiaan oor die liedjie vertel.

Hulle vertel ook DZL maak musiek waarvan hulle self hou, en mense ontvang dit beter as ooit. “Ons het grootgeword in ons eie loopbane en wil sing waarvan ons hou. Country folk is iets waaroor ons mal is en dis ook een van Wiaan se sterkpunte. Dis baie makliker om ʼn storie te vertel wanneer jy daarvan hou,” het Andries gesê.

Om die musiek hul eie te maak, skryf hulle ook die meeste van hul eie musiek. Hiermee het hulle reeds baie sukses behaal, onder meer ʼn nommer-een-plek op GROOTfm se toptrefferlys. “Die sukses is vir ons oorweldigend. Ons het nie verwag “Langpad” sal so goed vaar nie. Dit was aanvanklik ʼn toets om te kyk hoe mense die klank ontvang, maar die liedjie doen ongelooflik goed.”

Aanhangers kan uitsien na DZL se album wat vandeesweek in musiekwinkels landwyd te koop is. Dié modelle en sangers het ook binnekort ʼn verrassing op Via TV wat op 10 Maart afskop.

Volg DZL op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lorraine ·

Gaan GROOT!!! julle is awesome!! Hou julle kop in die wolke en julle voete op die grond..

Carmela ·

Siete bravissimi!!!!!
Trova la tua strada !! You guys are great !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.