Luister: Egpaar wil inspireer met hul sang

Gerrit Boonzaier, die hoofsanger van 2nd Life (Foto: FAcebook)

Die musiekduo 2nd Life, wat bekend is vir fondsinsamelings en om siek kinders en ander behoeftiges deur hul musiek te help, sing later die maand by die Proe’toria fees.

“Ons samel geld deur middel van musiek in. Hoe meer ek sing, hoe meer vloei die geld in en ons maak dan dié geld bymekaar vir mense wat dit nodig het. Ons musiek is motiveringsmusiek; ons inspireer mense, ons boodskappe gaan alles oor hoop en oor ons eindbestemming, wat die hemel is,” het Gerrit Boonzaier, hoofsanger van dié groep, aan Maroela Media gesê.

“Ons skryf nogal diep Afrikaanse musiek, dit is die teenoorgestelde van sokkie-musiek. Dit is eerder musiek met ʼn diep boodskap in Afrikaans,” het hy gesê.

Nadat Liezel en haar twee kinders se pad met tragedie gekruis het, het hulle saam besluit om ’n nuwe begin te maak en só is 2nd Life – ’n naam wat hulle gesin verteenwoordig – gebore, met Liezel as liedjieskrywer en Boon as sanger.

2nd Life se musiek handel dikwels oor die hemel, onsekerheid, vrees en kwelvrae oor die lewe en die toekoms. Boonzaier het gesê dit is vir hom belangrik om sy doel in die lewe deur middel van dié tipe musiek uit te leef.

Gerrit Boonzaier, die hoofsanger van 2nd Life (Foto: Maroeal Media)

“Ek het ʼn doel op aarde en ek wil my doel deur musiek uitleef. Ons hou daarvan om mense te inspireer en om vir hulle boodskappe deur ons musiek te gee. Die rede hoekom ons almal hier is, is om hemel toe te gaan.

“Ek glo nie die rede dat ons hier is, is om eendag die mooiste kar te ry nie. Ons einddoel is die hemel, so wanneer ons klaar al ons lesse op aarde geleer het, kan ons almal gaan rus in die hemel,” het hy gesê.

2nd Life sal op 25 Augustus by die Proe’toria kos-en-wynfees by Weiveld in Pretoria te sien wees. Hulle sal die verhoog deel met van Suid-Afrika se beste kunstenaars soos Spoegwolf, Nadine, Elvis Blue en Leah.

Dié fees beloof om jou sintuie te laat feesvier, met die lekkerste kos, drank en vermaak. Vir meer inligting oor Proe’toria, besoek hul Facebook blad hier. Besoek ook 2nd Life se Facebook blad hier vir meer inligting oor hul optredes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Liezel ·

Dankie vir die mooi woorde en lekker onderhoud Maroela! Sien julle by Proe’toria fees 25 Augustus. Ons is vreeslik omgewonde om ons musiek met julle te deel. ❤️❤️❤️

Morrie ·

“Ek het n doel op aarde en ek wil my doel deur musiek uitleef”. …”ons einddoel is die Hemel” Gerrit, jy praat my taal en ek prys die Here vir mense soos jy. Jou seëninge sal baie wees en jy sal rykdom beleef soos min ander. God weet wat Hy vir ons beplan, voorspoed en nie teëspoed nie, n toekoms, n verwagtig. Jou oes sal ryk wees.

Liezel ·

Dankie Morrie vir jou mooi harts woorde. Mag genade ons dra om ons boodskap oor te dra. Blessings vir jou ❤️

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.