Luister: Elvis Blue stel nuwe album bekend


Elvis Blue (Foto: Maroela Media)

Elvis Blue (Foto: Maroela Media)

Hy wil net musiek maak waarna mense luister, sê die sanger Elvis Blue, en is elke dag steeds “nederig dankbaar” wanneer mense sy musiek ondersteun.

Die sanger het in April vroeër vanjaar agt Ghoema-musiektoekennings gewen en onlangs sy jongste album, Optics, vrygestel.

Dié vollengte Engelse album is sedert 10 Junie in musiekwinkels. “My laaste twee albums was albei Afrikaans en ek het gevoel dis weer tyd vir ʼn Engelse album. Ek wil nie hê my musiek moet niks beteken nie, dis hoekom ek dit graag dié keer in Engels wou doen omdat ek weet die musiek sal betekenis dra,” het hy vertel.

Elvis sê elke album teken ʼn prentjie oor ʼn ander onderwerp. “Met dié album wou ek vertel oor die manier waarop mense na die wêreld kyk, vandaar die naam Optics. Terwyl ek geskryf het vir die album, het ek besef die musiek is my blik op die wêreld. Ek hoop die boodskap word oorgedra; ek glo ʼn goeie liedjie het die vermoë om my storie jou storie te maak.”

Hoewel hy gewoonlik al sy Afrikaanse liedjies self skryf, het hy saam met ʼn span aan die album gewerk.

“Daar is altyd ʼn klomp temas wat universeel is – liefde, seerkry, verlange. Dis dinge wat almal, maak nie saak watter taal of herkoms nie, beleef. Daai tipe temas word dan ook in my musiek op die album oorgedra en ek glo mense gaan dit geniet,” het hy bygevoeg.

Hy het ook reeds die eerste musiekvideo vanaf die album, The Tide, vrygestel. “Dit was baie pret om die video op te neem. Hulle het my vasgemaak in ʼn klomp harnasse en ek lyk byna soos Superman in die video. Ek hoop mense geniet dit net soveel soos ek.”

Besoek Elvis se Facebook-blad of webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.