Luister: Gangs of Ballet terug met ʼn ligter aanslag


gangs-of-ballet-by-craig-scott

Gangs of Ballet. Foto: Craig Scott.

Die Durbanse groep Gangs of Ballet is terug met die tweede aflewering in hulle reeks Form and Function-kortspeler-albums.

Form and Function Part 2 se musiek is beslis ligter en het ʼn elektroniese 80’s ondertoon, sê die groep. “Dit is interessant om te sien hoeveel ʼn mens in net ʼn jaar kan verander in terme van die soort musiek wat jou beïnvloed en die soort liedjies wat jy vervaardig. Daar is beslis ʼn verskil tussen Part 1 en Part 2. Dit voel of ons ons spektrum verruim het met die tweede kortspeler in hierdie reeks,” het Brad Klynsmith, die sanger van die groep, gesê.

Die groep het ook hulle lyf vervaardiger gehou met dié jongste kortspeler. ʼn Groot stap vir hulle aangesien hulle maar nog hulle voete in die ateljee vind. Nietemin is die manne van Gangs of Ballet nie bang vir ʼn uitdaging nie en in dié geval het dit pragtige resultate gelewer. Die kortspeler het steeds al die elemente wat eg aan die groep se musiek is; sterk snitte met lirieke wat jou sal laat saamsing by ʼn Gangs of Ballet-vertoning.

Die groep toer tans deur die land om die nuwe kortspeler bekend te stel. Besoek Gangs of Ballet se webwerf of Facebook-blad om uit te vind waar hulle optree. Jy kan die groep ook op Twitter volg en hulle jongste album op iTunes aflaai.

  • Gangs of Ballet het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen oor Form and Function Part 2 Luister na die podsending bo-aan die berig om ʼn akoestiese weergawe van hulle eerste enkelsnit “Something” te hoor.

Hier is die prettige musiekvideo van Gangs of Ballet se eerste enkelsnit “Something” van die groep se nuwe album:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.