As jy op soek is na ʼn musiekvertoning wat effens anders as die gewone is, is André Swiegers se vertoning by die Blou Hond-restaurantteater in Lynnwood, Pretoria, op Woensdag 27 Mei net die een vir jou. André se vertonings, net soos sy musiek, is eg, maar nie só filosofies dat Jan Alleman nie daarby aanklank kan vind nie.
Esté Meyer Jansen het telefonies met hom in Faerie Glen, Pretoria, gesels oor sy soort musiek, nuwe liedjies en sommer ook vasgestel watter elemente ʼn suksesvolle musiekvertoning nodig het.
- André Swiegers is op Woensdag 27 Mei by die Blou Hond-restaurantteater te sien. Besprekings kan by [email protected] gedoen word of skakel 012 348 8820. Jy kan die Blou Hond se teaterprogram op Facebook kry of volg die teater op Twitter by @BlouHondTuis.