Luister: Gewildste Kersliedjies deur land se grootste stemme

Die platemaatskappy Universal Musiek het kragte saamgesnoer met 12 van Suid-Afrika se talentvolle Afrikaanse kunstenaars wat elkeen ʼn bekende Kersliedjie opgeneem het.

Leah, Deon Groot, Willem Botha, Fatman, Chereé en haar kinders, Taylor-Hope en Bella-Joy, Franja du Plessis, Ruan Josh en Caroline Grace asook Juanita du Plessis, Riaan Grobler, Pieter Smith en Wynand Strydom het agter die mikrofoon ingeskuif om hulle gunsteling-Kersliedjies te sing.

“Die afgelope twee jaar het ons mense verskriklik baie swaarkry beleef en ons wou graag ʼn paar Kersliedjies uitreik om mense se gemoed te lig en hulle in die stemming van Kersfees te kry.

“Ons het selfs met die keuse van liedjies en die produksie daarvan besluit om te fokus op liedjies wat gelukkiger klink. Ons het ook vir die kunstenaars gevra om hulle gunsteling-Kersliedere te identifiseer,” sê Universal Musiek in ʼn verklaring.

Hier is ʼn paar van die gewildste liedjies uit dié lekkerluister-samestelling wat beloof om jou Oukersdag met Afrikaanse Kersfeesgees op te kikker:

Juanita du Plessis – “Sonneblom uit Bethlehem”

Kry dit ook hier.

Riaan Grobler – “Stille nag”

Kry dit ook hier.

Pieter Smith – “Kom alle getroues”

Kry dit ook hier.

Wynand Strydom – “Somerkersfees”

Kry dit ook hier.

Die liedjies is op alle groot digitale platforms beskikbaar. Al 12 liedjies is ook nou hier op een speellys beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.